Saterdag 27 Maart – Padkos

SATERDAG – PADKOS

Uit die dagboek PADKOS, met verse uit die Lewende Bybel.

Here, U ondersoek my lewe en U weet alles van my af…U ken my gedagtes deur en deur (Ps.139). U lê ons sondes voor U en kyk daarna – ook dié wat in die geheim gedoen is (Ps.90:8). Die Here sê: Kom ons handel nou die saak af. Al is julle vol vlekke van die sonde, julle sal skoon word soos helderwit sneeu (Jes.1:18). Dit was as gevolg van ons misdade en ons skuld dat Hy deurboor is en met geweld dood gemaak is (Jes.53:5). Die Here is naby om my te help (Ps.118:7). Die Here is by my, ek is nie bang nie. Wat kan ’n mens aan my doen? (Ps.118:6). As iemand in My glo sal hy lewe al sou hy ook doodgaan (Joh.11:25). Dit is Ekself wat julle nuwe moed gee (Jes.51:12).

Manie Mar 26th 2010 03:39 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.