Saterdag 31 Oktober – Padkos

SATERDAG PADKOS

Uit Padkos – die dagboek uit die Lewende Bybel.

Dit is Hy wat ons so liefgehad het dat Hy ons sondes met sy bloed af­ge­was het…(Op.1:5). Die grootste liefde wat ie­mand kan hê is om sy le­we prys te gee ter wille van sy vrien­­de (Joh.15:13). Julle moet altyd en on­der alle omstandighede bid, onder leiding van die Heilige Gees. Moe­nie verslap nie maar bly altyd gereed (Ef.6:18). Waar iemand se le­we gebroke is soos `n riet wat geknak is, sal Hy dit nie verbreek nie, en waar dit swak is soos `n lamppit wat rook, sal Hy dit nie uitdoof nie…(Jes.42:3). Hy gee my nuwe krag en lei my op die regte pad, ter wil­le van sy eer (Ps.23:3). God het julle sy eiendom gemaak, sodat julle vir ander kan vertel van die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het (1 Pet.2:9). …omdat God vir ons so goed is, wil ek ernstig by julle aandring dat julle julle lewe aan God gee, sodat julle `n offer kan wees wat Hom gewy is. (Rom.12:1).

Manie Oct 30th 2009 07:05 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.