SATERDAG 26 APRIL 14: PADKOS

Maar as dit die Heilige Gees is wat ons lewe oor¬heers, bewerk Hy…liefde, blydskap… (Gal.5:22). – Van alle kante af het probleme op my toegesak…in my eie gemoed was daar dinge wat my bang gemaak het. Maar hoe kan God nie ’n mens wat terneergedruk is weer moed gee nie! (2 Kor.7:5,6). – Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees (Rom.5:3). – Hou julle oë altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou…Hy was gewillig om die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat voor¬gelê het (Heb.12:2). – Dit is wel waar dat ons baie swaarkry omdat ons aan Christus behoort, maar kyk hoe wonderlik troos en versterk Hy ons nie! (2 Kor.1:5). – Julle moet bly wees omdat julle aan die Here verbind is, Ek wil dit nog ’n keer sê: julle moet bly wees! Julle moet julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God dankie! (Fil.4:4-6).– Die Lam wat op die troon is, sal vir hulle sorg soos ’n herder sy skape oppas. Hy sal hulle bring na die fonteine met water wat lewe gee en God sal al hulle trane afvee (Op.7:17). – Eintlik besit ek niks, maar ek het alles wat die moeite werd is (2 sor.6:10). Laat jou bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat aan Hom gehoorsaam is nooit laat strui¬kel nie (Ps.55:23) Ons sal op Hom vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy het ons vrygemaak (Jes.12:2). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie

Manie Apr 20th 2014 11:45 am Padkos No Comments yet

Comments are closed.