SATERDAG 8 MAART – PADKOS

SATERDAG PADKOS VIR VANDAG
Uit Padkos – dagboek uit die Die Lewende Bybel.
Ons sien nou die Goddelike heerlikheid van Christus duidelik soos in ‘n spieël….die Heilige Gees…verander ons om al meer soos Christus te word, en al meer sy heerlikheid te kan weerspieël (2 Kor.3:18). – Hy sal vir sy volk sorg soos ‘n herder vir sy skape. Die klein lammertjies dra Hy in sy arms en hou hulle teen sy bors. Versigtig lei Hy die lammerooie (Jes.40:11). God sê dat iemand wat in Jesus Christus glo nie meer skuldig is nie (Rom.3:22). – Christus het nie een enkele sonde gedoen nie Maar God het Hom verantwoordelik gemaak vir al ons sondes asof Hy dit self gedoen het. Nou sê God as ons aan Christus verbind is, is ons skuld weggeneem, net so goed of ons self nooit sonde gedoen het nie (2 Kor.5:21). Hy het ons gered toe Hy ons sondes afgewas en ons ‘n nuwe geboorte gegee het, toe die Heilige Gees ons nuut gemaak het (1 Kor.1:30).

Manie Mar 1st 2014 12:40 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.