SATERDAG 2 MAART – PADKOS

SATERDAG                      PADKOS

Uit Padkos – die dagboek uit die Lewende Bybel.

 

 Op aarde het Ek aan U die eer gegee, want die werk wat U my gegee het om te doen het Ek klaar­gemaak (Joh.17:4). – Jesus Christus …het sy liggaam gegee om geoffer te word, net een maal. En so is ons rein gemaak van ons sonde…Christus het net een offer gebring en dit was genoeg. Toe het Hy in die hemel gaan sit in die ereplek regs van God…Deur een enkele offer het Hy almal wat Hy aan God toe­gewy het vir altyd volmaak gemaak (Heb.10: 10-14). – Hy het ’n streep getrek deur die rekening van ons skuld, die lys van al die wette wat ons oortree het. Dit het alles teen ons getel, maar God het hierdie rekening tot niet gemaak toe Hy dit teen die kruis vasge­spy­ker het (kol.2:14). – Broers, omdat God vir ons so goed is, wil ek ernstig by julle aandring dat julle julle lewe aan God sal gee sodat julle ’n offer kan wees wat aan Hom gewy is. Moenie agter die mense van die wê­reld aangaan of soos hulle maak nie. Maar laat God julle lewe verander en julle gedagte nuut maak (Rom.12:1,2). – Want as iemand aan Chris­tus behoort, het hy ’n nuwe mens geword. Dan is sy ou lewe ver­by, en ’n nuwe lewe het vir hom begin! (2 Kor.5:17)  – In hierdie saak help die Heilige Gees ons ook, want ons is swak. Ons weet nie mooi hoe om met God te praat as ons bid nie, maar die Gees bid vir ons by God op ’n manier wat nie in woorde uitgedruk kan word nie (Rom.8:27).

Manie Feb 23rd 2013 11:15 am Padkos No Comments yet

Comments are closed.