SATERDAG 8 DESEMBER – PADKOS

SATERDAG                    PADKOS

Uit die dagboek PADKOS, uit die Lewende Bybel.

 

Die Here is `n veilige skuilplek vir almal …in tye van moeilikheid…Here, almal wat vir U ken, vertrou op U want U sal die wat U aanbid nooit in die steek laat nie. (Spr.18:10-11). – Ek is vandag `n ou man, maar ek het nooit in my lewe gesien dat die Here iemand wat aan Hom gehoorsaam is in die steek laat of dat so iemand se kinders kos hoef te bedel nie (Ps.37:25). Daar is geen ander God wat met U vergelyk kan word nie, want U vergewe die sonde van u volk wat oorgebly het. U bly nie vir altyd kwaad nie, en U wil graag u getroue liefde aan ons bewys. U sal ons weer jammer kry en ons sondes on­der u voete vertrap en hulle diep in die see gooi (Miga 7:18). – Sonder iets wat ons van ons kant af verdien het, het Hy dit vir ons verniet ge­gee, want sy Seun wat Hy so lief­het , het dit moontlik gemaak. Dit is deur die bloed van sy Seun dat God ons verlos en ons alles vergewe wat ons teen Hom gedoen het (Ef.1:6).

Manie Nov 30th 2012 04:42 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.