MAANDAG 3 DESEMBER – `N HOëR VLUG

MAANDAG              `N HOËR VLUG

Lees 1 Timoteus 2: 19 – 26 Ou Vertaling

“Maar vlug vir die begeerlikhede…jaag ná ge­reg­tigheid, geloof, liefde, vrede, saam met dié wat die Here uit `n rein hart aanroep” (22)

 

Die vlieënier, Handley Page, vertel van `n in­si­dent, wat Frank W. Boreham, in The Y. C. Companion, aan ons oordra. Page het in Kobar, Arabië, geland. `n Groot rot het on­ge­siens in sy vliegtuig ingekom. Na Page opge­styg het, en reeds vlieghoogte bereik het, word hy van die rot  bewus toe hy `n ge­knaag agter hom hoor. Terwyl hy met ver­ontrusting dink aan die skade wat die on­ge­nadige tandjies aan die be­dra­ding van die vliegtuig kan aanrig en die gevaar dat die vliegtuig kan neerstort, ont­hou hy, `n rot kan nie `n hoë atmosfeer se lug­druk oorleef nie. Hy laat sy vliegtuig dade­lik hoër opstyg, tot­dat hyself dit moeilik vind om asem te haal. Hy waag later om weer laer te vlieg. Die geknaag is toe stil en nadat hy ge­land het, kry hy die dooie rot in sy vliegtuig. Hier is raad vir iemand wat onder versoeking deurloop, skryf Frank Boreham: “When we feel ourselves endangered by the pests that molest our souls, we need only to rise to a loftier level of Christian attainment.”

Uit eie krag kan ons nie `n hoër geesteli­ke lewe bereik nie. Ons is afhanklik van die Heilige Gees se werking in ons hart. Óns deel is om die hoër geestelike vlak te soek, deur ge­bed en Bybelstudie en bepeinsing oor ons He­re Jesus se Persoon, soos die skrif dit vir ons skilder en so nader aan God te kom.

 

“Here, vandag verlang ek om nader aan U te leef.”

Manie Nov 30th 2012 04:35 pm Algemeen No Comments yet

Comments are closed.