MAANDAG 30 JULIE – DIE KRAG VAN INVLOED

MAANDAG          DIE KRAG VAN INVLOED

LEES: Matthéüs 5: 13 – 16

“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Julle is die lig van die wêreld (13,14).”

-NOTA: Ek het verlede week per abuis Week 32 ipv. Week 31 se blaadjie gestuur. Nou stuur ek week 31 se blad, en volgende week dan week 33. Jammer!

 

In `n wapenfabriek word besoekers met `n vreem­­­­­de toertjie vermaak. `n Langwerpige stuk staal, wat 200kg. weeg, hang aan `n ketting aan een van die balke. Langs dit hang net so ’n groot kurkkolom aan ’n dun lyn. Aan die besoekers word vertel, die ligte kurkkolom, sal die massiewe stuk staal, beweeg. Die kurkkolom word eenkant toe getrek en dan gelos, om teen die staalkolom vas te swaai. Die staalkolom roer nie in die minste, van die slag van die veel, veel ligter kurkkolom nie. Oor-en-oor word die beweging herhaal. Na tien mi­nute se swaai van die kurkkolom teen die staal­­ko­lom vas,  vibreer die staalkolom liggies. Na ’n uur swaai die staalkolom ritmies saam met die kurk­kolom heen-en-weer.

Christene voel soms moedeloos, want dit voel of hulle lewe en getuienis geen invloed op hul­le  om­ge­­wing het nie. Hulle oordeel verkeerd. Die Chris­ten wat getrou en volhardend Christus se leer en lewe in sy omgewing uitleef, kry reg wat ’n direkte teregwysing nooit sal vermag nie.

Twee welvarende sakemanne het deelgeneem aan ’n toer na die Verre-Ooste. Op `n dag in Korea sien hulle, naby die pad, ’n jong seun trek ’n ploeg en ’n ouerige man hou die ploegstert vas. Een neem ’n foto. Die ander een sê vir die sendeling: “Hulle is seker baie arm.” Die sendeling, wat as gids optree, antwoord: “Dit Chi Nouie se men­se. Hulle wou vir die kerk se bou ’n offergawe gee. Hulle het nie geld gehad nie. Hulle het hul enigste os verkoop en die geld gegee. Hierdie lente trek hulle die ploeg self. Die twee ryk manne is vir ’n rukkie stil. “Dit moes ’n ware opoffering vir hulle gewees het,” sê die een. Die sendeling ant­woord: “Dit is nie hoe hulle dit gesien het nie. Hulle was bly hulle het `n os gehad om te verkoop.” Terug tuis, gaan die een na sy leraar toe. “Van nou af gee ek dubbel. En gee my asb. ploegwerk in die gemeente.”

 

“Here, vandag wil ek uit u krag, vir U ’n getuie en vir ander, tot seën wees.”

 

Manie Jul 27th 2012 03:00 pm Algemeen No Comments yet

Comments are closed.