DONDERDAG 26 JULIE – GOEDKEURING

DONDERDAG                   GOEDKEURING 

LEES: Filippense 3: 7 – 14

“Ek span my in…sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het… ” (14)

 

‘n Briljante, jong konsertpianis, tree vir die eerste keer in die openbaar op. Sy gehoor luister verruk na die lieflike musiek, wat van sy vaardige, gedissi­plineerde vingers, na hulle toe uitvloei. Terwyl die laaste note wegdraal, breek ‘n geesdriftige ap­plous los, vertel pastor Sargent in sy in­ter­netrubriek ‘n sto­rie, wat Neil Verwey vir ons gestuur het. Staande juig hulle hom toe. Maar hy reageer nie da­de­lik nie. Sy oë soek deur die ska­re na die een persoon wie se goedkeuring en tevre­denheid saak maak. En toe hy hom raaksien en sien hy klap ook geesdriftig hande, breek die er­ken­­ning vir die skare se applous, stralende deur hom.  Ons kan raai na wie hy eers gesoek het. Sy mu­siekmeester!

Ons soek, al is dit onbewus, na ander se goed­­keu­ring vir ons baie soorte le­wens­pogings. Dit is ook reg. Dit spoor ons aan om goed te presteer. Watter goedkeuring moet ons voorkeur wees: ”Klink dit nou as­of ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie” (Gal.1:10). Gelukkig is elkeen, wie se le­wens­doel­wit is, om God se goedkeuring te soek. En as ons so lewe dat God met ons te­vrede is, bring dit nie net in ons eie hart vrede nie, maar dit maak ons lewe teenoor ander ook sommer reg.

 

“Here, vandag wil ek U tevrede stel.”

Manie Jul 20th 2012 03:34 pm Algemeen No Comments yet

Comments are closed.