SATERDAG 2 JUNIE – PADKOS

SATERDAG                   PADKOS

 

Uit die dagboek PADKOS, uit die Lewende Bybel.

 

Dit is God wat julle alles sal gee wat julle nodig het. Hy sal dit op sy eie wonderlike manier doen deur Jesus Christus (Fil.4:19). – Waarop julle in die eerste plek moet konsentreer, is dat God se koningskap erken sal word en dat mense sal doen wat Hy wil hê  (Mat.6:33). – Selfs sy eie Seun het Hy nie teruggehou nie, maar Hy het Hom gegee om in ons almal se plek doodgemaak te word. As Hy ons sy Seun gegee het, sal Hy dan nie vir ons alles gee nie? Ja, Hy sal dit beslis doen (Rom.8:32). –Want die Here God is ons son wat vir ons lig gee en ons skild wat ons beskerm…en Hy sal niks wat goed is… terughou nie (Ps.84:12). – Dit is God wat ons alles gee om te geniet (1 Tim.6:17). – Hy kan iemand wat moeg is, krag gee en iemand wat swak is, weer sterk maak … dié wat hulle verwagting op die Here stel kry nuwe krag (Jes.40:29,30). Kyk my lewe deur, Here en toets my, beoor­deel my hart en my motiewe (Ps.26:2). As ons erken ons het son­­de gedoen, sal Hy ons sondes ver­gewe en ons rei­­nig van al die verkeerde dinge… (1 Joh.1:9).

Manie May 26th 2012 04:21 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.