VRYDAG 28 OKTOBER – DEUR GOD GESTUUR

VRYDAG                DEUR GOD GESTUUR

Lees Psalm 18:1-7

“In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep…en hy luister na my” (7)

 

Die naamlose skrywer van die volgende insident sê daar­oor: “’n Hooglandherder op my oom se plaas by Arridilly staan in vir die waarheid van hierdie storie wat hy vir my vertel het.”

 

’n Weduwee wat alleen teen die hang van ’n bult, ver van ander huise af, gewoon het, het die belofte in Psalm 146 haar lewenskuiling gemaak: “Die Here het die hemel en die aarde gemaak…Hy bly vir altyd ge­trou, Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan die hongeres…en help weeskinders en wedu­wees…” Een winter het haar beperkte kos­voor­raad laag gedaal, want weens die voortdurende ongure weer kon sy nie uitgaan om te gaan werk en inkomste verdien nie. Toe breek die dag aan dat sy die laaste handvol meel uit die meelblik skep. Sy het gaan slaap met die voorneme om die volgende dag plan te maak om kos in die hande te kry. Die oggend het onder ’n sneeustorm aangebreek. Die pad op na haar huisie toe was toegesneeu. Dit was buite die kwessie om met haar tenger liggaam die geweld van die storm te trot­seer. In haar huis was nou geen kos nie. Sy besluit om weer haar toevlug tot haar troue Vriend in al haar nood te neem. Sy het die pappot met water gevul en op die vuur gesit, sout inge­gooi en die deksel opgesit. Op haar Skotse manier het sy vir haarself gesê: “Noo, I’ll jist gang ben and ask t’ Lord for t’ meal.” Sy het na haar slaapkamer toe gegaan en met danksegging en lof haar behoefte aan die Here bekend ge­maak. Sy het net ’n rukkie gebid toe ’n harde geklop aan die deur haar gebed onderbreek. Weer praat sy op Skotse manier met haarself: “No an, Lord, Thou canst no hae sent the answer sae soon.” Die geklop hou aan en sy gaan maak die deur oop. In die deur staan die mollige dogter van ’n ewe stewige buur­man. Die dogter gooi ’n sak meel op die grond neer en voeg met breë Skot­se aksent by: “Father sent ye that. Whatever pos­sessed him I dint know, but all morning he has been dinning into me about that sack o’ meal and I must fetch it to ye!” Met traan­gevulde oë gooi die vrou haar hande in die lug en roep uit: “He’s aye the same, Jeanie! Mony a long year hae I trusted Hom and I ne’er found Hom fail; and He’s nae failed me noo. Sae I was jist asking the Lord to send the meal when I heard ye knock’n at the door.”

 

“Here, ek kom vandag my dringende nood aan U vertel”

Manie Oct 23rd 2011 03:38 pm Algemeen No Comments yet

Comments are closed.