Saterdag 25 September – Padkos

SATERDAG PADKOS

Uit die dagboek PADKOS met verse wat dieselfde tema deel.

Want ons vaste woonplek is nie hier op die aarde nie… (Heb.13:14). …in die he­mel het julle besittings …wat beter is en wat nie van julle weggeneem kan word nie (Heb.10:34). Julle moet julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê…. Dan sal God julle sy wonderlike vrede gee wat ‘n mens nooit met jou verstand kan verklaar nie. (Fil.4:6,7). Laat jou bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat aan Hom gehoorsaam is nooit laat strui­kel nie (Ps.55:23). Ons sal op Hom vertrou en nooit bang wees nie. Hy is ons krag en ons verdediger en Hy het ons vrygemaak (Jes.12:2). Ek het jou sonde weg­ge­neem en nou gee ek jou pragtige feesklere om aan te trek (Sag.3:4). – ‘n Mens kan werklik gelukkig wees as sy sonde weggeneem is en sy misdade vergewe is (Ps.32:1).

Manie Sep 24th 2010 12:45 pm Padkos No Comments yet

Comments are closed.