Archive for May, 2014

You are currently browsing the archives of Krag vir Vandag .

Manie Colyn is Vrydag oggend 9 Mei 2014 oorlede op die ouderdom van 82 jaar.

Hieronder is ‘n uittreksel uit die begrafnisbrief.

 

Die diens word waargeneem deur

Ds. Kobie Breedt vanuit die NG Kerk Moedergemeente Nylstroom

op Sondag 18 Mei 2014 om 11:00

 

Vandag neem ons afskeid van Pa Manie. In 1990 het Manie na 20 jaar as N.G.Kerk-predikant afgetree na ‘n hartaanval wat hom onbekwaam vir verdere bediening gemaak het. Hy en Riekie het ‘n woning in die aftree-oord Kokanje bekom waar hulle vir amper 24 jaar gebly het. Dit was vir hulle ‘n wonderlike blyplek.

Gedurende sy bediening het hy saam met die gemeentelike nuus, die evangelie ook op ‘n storiemanier probeer oordra. Na sy gesondheid herstel het, het hy in 2003 begin om uit die ou gemeenteblaaie en ander bronne ‘n weeklikse dagstukkieblad, Krag vir Vandag, te skryf. Die blaaitjies was pa Manie se manier om steeds die Evangelie uit te dra. Die blaadjies is wyd versprei en hy het amper elke dag tyd daaraan spandeer. Markus 16:15 – Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Pa Manie het aan die begin van April geval en sy arm gebreek, dit was vir hom ‘n groot skok om skielik so hulpeloos te wees. Daar het ander komlikasies ingetree en hy is Vrydag oggend 9 Mei na ‘n nood operasie vroeër die week oorlede.

Ons glo dat die Krag vir Vandag blaadjies baie mense se lewens aangeraak het. Baie dankie vir almal wat saam met ons en die kleinkinders op hierdie manier afskeid van Pa Manie kom neem.

Josua, Elsie, Karen en die kleinkinders Lize-Marie, Mariska, Arno en Marno.

 

Daar is omtrent 6 jaar se argiewe van die Krag vir Vandag blaadjie op die webwerf, die webwerf sal steeds instand gehou word alhoewel daar nie nuwe materiaal bygevoeg sal word nie. Groete Josua Colyn

Posted by Manie on May 14th 2014 | Filed in Algemeen | Comments Off