Archive for June, 2013

You are currently browsing the archives of Krag vir Vandag .

SATERDAG 6 JULIE – PADKOS

SATERDAG                         PADKOS

Uit die dagboek PADKOS, met verse uit die Lewende Bybel, wat dieselfde tema het, bymekaar gerangskik.

God sê dat ons  ook nie meer skuldig is nie  – as ons vertrou op God wat vir Jesus ons Here uit die dood lewendig gemaak het (Rom.4:24).Wat hier­die liefde so besonders maak, is nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het om vir ons sondes te betaal   (1 Joh.4:10). Waar iemand se lewe gebroke is soos ’n riet wat geknak is, sal Hy dit nie ver­breek nie, en waar dit swak is soos ’n lamppit wat rook, sal Hy dit nie beskadig nie (Mat.12:20). Die offerande wat U wil hê, is berou; o God, U sal nooit ’n mens verwerp wat opreg berou het en nederig is nie (Ps.51:19). Hy maak gebroke harte weer heel en verbind hulle wonde (Ps.147:3). My naam is Die Heilige God. Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar Ek woon ook by mense wat hulle sonde erken en nederig is, want Ek gee sulke mense weer nuwe krag (Jes.57:15,16).

Posted by Manie on Jun 29th 2013 | Filed in Padkos | Comments Off

VRYDAG 5 JULIE – AAN MY GEDINK

 VRYDAG                   AAN MY GEDINK

Lees Lukas 23: 33 – 43

“Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom ge­las­ter…die ander een…sê: “’Jesus dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (39-43).

Toe George Nixon Biggs goewerneur van Mas­sa­chu­setts was, het drie van sy vriende die Hei­lige Land be­soek, vertel Roy B. Zuck in The Spea­ker’s Quote Book. Hulle het Golgota uit­geklim. Bo ge­kom het hulle vir hulle elkeen ’n ligte wandel­stok van ’n boom afgesny. Tuisge­kom, gee hulle dit vir die goewerneur, met die woor­de: “Ons wil hê jy moet weet ons het aan jou ge­dink toe ons so op Golgota staan.” Hy het hulle geskenk met die vol­gende woorde ontvang: “Baie dankie, Menere, ek waar­deer dat julle dáár aan my gedink het.” Toe vervolg hy gevoelvol, met ’n glimlag, “Maar ek is steeds meer dank­baar vir ’n Ander Een wat op dáárdie heuwel óók aan my gedink het.”

U was dáár óók in Jesus se hart en gedagte. Ek ook. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16 Ou. Vert.). Die een moordenaar sê: “Dink aan my, Jesus..” Jesus bevestig dit vir hom Hy het hom in sy gedagte: “Ek verseker jou jy sal vandag saam met My in die paradys wees.” Die deur staan vir die ander moor­denaar ook oop, maar hy stap verby. Het ú al by daardie poort van liefde en genade ingegaan? Of stap ú nog verby.

 “Here, vandag wéét ek U dink ook aan my en ek het by die poort van u redding ingegaan.”

Posted by Manie on Jun 29th 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

DONDERDAG 4 JULIE – DIE ERKENNING

 DONDERDAG             DIE ERKENNING

Lees Handelinge 7:54-60

 “Kyk,” het Stefanus gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan” (56).

Die Victoriakruis vir dapperheid is in 1857 die eerste keer, deur koningin Victoria self in Hyde-park, Londen, toegeken. Die King’s Busi­ness haal ’n insident in dié geskied­kun­dige gebeurtenis aan. Een van die leër se veterane, gruwelik in ’n geveg vermink, het na die koningin toe opgestap, of lie­­wer aange­sukkel, om sy medalje te ontvang. Die ko­nin­gin kyk na hom, gooi die medalje neer, draai haar rug op hom, bedek haar gesig met haar han­de en gaan bitterlik aan die huil. Die verminkte man bly heel tyd doodstil staan. Uiteindelik kom die ko­nin­gin tot bedaring, vee haar oë met haar sakdoek droog en speld die medalje teen die man se bors vas. Sy sê vir hom ’n paar woorde. Hy antwoord met ’n stralende gesig: “God bless Your Majesty; we’d bear it all again for Queen and country.” Hieroor maak King’s Bu­siness die op­merking: “It was not the medal itself that brought joy to the soldier’s heart, but the fact that his service for the Empire was recognized at the hand of his sovereign.”

Die Bybel beloof beloning, bo die gawe van die ewige lewe, aan almal wat in die Here se koninkryk gewerk het: “…elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word…as iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word…” (1 Kor.3:13-15). Petrus skryf die beloning sal ’n kroon van heerlikheid wees: “…wanneer die Opper­herder kom, sal julle die heerlikheid as on­ver­ganklike kroon ontvang” (1 Pet.5:2,4). Die be­lo­ning gaan wonderlik wees, maar dat ons die Here se eie erkenning sal ont­vang, maak dit heer­lik. Stefanus het by sy steniging uit­geroep: “…ek sien…die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan”. Watter prys is te hoog vir ons as ons dink aan die wonder om uit Jesus se deurboorde hand ’n kroon te ontvang!

“Here, vandag wil ek U voluit vir my kroon dien.”

Posted by Manie on Jun 29th 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

WOENSDAG 3 JULIE – IN SY PLEK

WOENSDAG                     IN SY PLEK

Lees Romeine 5:6-12

“ …Christus (het) vir ons gesterf toe ons nog sondaars was…” (8).

Julie 1794 was ’n krisisjaar vir Frankryk. Die opstand teen die koning en die adel van Frankryk, het onder Robbespiere en Danton, ’n hoogtepunt be­­reik. Dit was ook die jaar van die skrikbewind. Baie gewone burgers is oor allerlei sake aangekla en tot die dood veroordeel. Een so ’n ou man, Jean Simon de Loiserolle, is in die tronk gestop. Hy het nie geweet sy seun, met dieselfde naam, is in die­selfde tronk opgesluit nie. Die seun sou die vol­gen­de oggend onthoof word. Terwyl die ou man in die tronk rondsoek na bekendes wat dalk ook opgesluit is, kom hy op sy slapende seun af. Oorweldig deur droefheid toe hy sy seun sien lê, kniel hy by hom om hom wakker te maak. Hy trek sy hand, waar­mee hy sy seun wou wakkerskud, terug. Hulle het dieselfde naam, besluit hy. Móre­oggend neem hy sy seun se plek in. Heel nag waak hy by sy slapen­de seun. Die volgende oggend word die seun se naam deur die tronkwag geroep. Die ou man spring dadelik op en bied homself aan. Op pad na die guil­lotine toe, beweeg hulle deur die registerkantoor waar die name nagegaan word. “Jean Simon de Loiu­serolle, 37 jaar oud!” roep die soldaat agter die tafel. “Dis ek” antwoord die ou man, “maar ek is 73 nie 37 nie.” Sonder om ’n oog te trek verander die soldaat die 37 na 73. Met die onthoofding van die ou man word korte mette ge­maak. Intussen het die seun wakker geword. Hy sit verskrik regop en verwag enige oomblik om geroep te word. ’n An­der gevangene vertel hom van die ou man wat heelnag by hom gewaak het en toe sy naam ge­roep is, homself in sy plek aangebied het. “Maar ek is Jean Simon de Loiserolle!” roep hy uit. Hy besef sy pa het sy plek geneem. Vir drie dae wag hy in spanning oor wat met hóm gaan gebeur. Op die derde dag is die skrikbewind skielik beëindig. Danton het teen Robbespierre gedraai en hóm laat onthoof. Die gevangenes is almal vry­gelaat. As vry man stap die seun uit die aaklige tronk die sonskyn binne. Die gedagte hy is vry omdat sy pa sy plek geneem het, oorweldig hom so, dat hy ten aanhore van die ander vrygelate ge­vangenes ’n eed neem: Die res van sy lewe gaan hy so deur­bring dat dit ’n eer sal wees vir sy pa, wat so ’n groot, offerdaad vir hom gedoen het.

Dit is die passie wat in Paulus se hart gebrand het en hom aangevuur het om Jesus met hart en siel te dien: “…ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal.2:20). Hierdie wete moet ons aan Jesus bind en ons vir Hom laat leef en werk. Ons ewige lewe is net aan Hom te danke!

“Here, vandag dank ek U dat u in my plek gesterf het.”

Posted by Manie on Jun 29th 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

DINSDAG 2 JULIE – TE DUIDELIK

    DINSDAG                    TE DUIDELIK

Lees Handelinge 24: 24 -27

“Feliks (wou) meer hoor oor die geloof in Chris­tus Jesus. Paulus het met hom gepraat oor ’n lewe in gehoorsaam­heid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks bang laat word, en hy het gesê: ‘Dit is nou genoeg…as ek tyd het sal ek jou weer laat roep’” (25).

Tydens ’n ryk Sjinees se besoek aan Enge­land, is ’n pragtige mikroskoop aan hom gede­mons­treer, ver­tel Roy Zuck. Dit het die Sjinees se be­lang­stel­ling dadelik geprik­kel en hy het vir hom een gekoop en saamgeneem Sjina toe. Dit het hom groot ple­sier verskaf om deur die mikro­skoop na verskil­len­de voor­wer­pe te kyk. Eendag bestu­deer hy ’n rys­kor­rel, wat hy uit sy middagete se bord ge­neem het, onder die mikroskoop. Geskok sien hy onder die mikroskoop se lens, die rys­kor­rel is vol lewen­de goedjies. Dit was deel van sy gods­dienstige geloof, geen lewende organis­mes word geëet nie. Wat moet hy nou doen? Hy is nie net baie lief vir rys nie, maar dit is deel van sy daaglikse stapel­voedsel. Hy sien net een uitweg: vernietig die ding wat die afstootlike feit aan hom uit­ge­wys het. Zuck skryf: “Similarly, many peo­ple hate the Word of God because it reveals their true condition.”

     Die onbekeerlike mens wil nie hê die Woord van God moet die sondige toestand van sy hart en die verkeerdheid van sy le­wens­gedrag aan hom uit­­wys nie. Teenoor men­se en homself kan hy sy ver­­keerdheid goedpraat. Hy wil nie God se lig op sy lewe hê nie. Hy bly weg van die Bybel af, of soos die ateïste, probeer hy die egtheid van die By­bel afmaak en teëpraat. Die mens weer, wat na be­ker­ing en heiligmaking in sy lewe verlang, be­stu­­deer gretig die Bybel om meer oor sy eie lewe en meer oor God se reddingskrag uit te vind. Hy wil skoon wees. Hy wil vir God aan­vaar­baar wees.

“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart…kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad” (Ps.139:23).

Posted by Manie on Jun 29th 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

MAANDAG 1 JULIE – PRYS VAN `N BOTTEL WATER

  MAANDAG    PRYS VAN `N BOTTEL WATER

Lees Lukas 16: 1 – 12 (Nuwe Lewende Vertaling).

“As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. (10).

’n Man se voertuig het hom in ’n afgeleë om­ge­wing, baie kilometers van sy bestemming af, in die steek gelaat. Hy kon nie ‘n sein         op sy selfoon kry nie. Hy sou moes stap om iewers hulp te kry. Hy volg die pad en hoop hy is op die regte koers. In die versengende hitte begin ’n dors hom pak. Na ‘n lang ruk sien hy die pad lei na ’n verwaarloosde werf toe. Die gehawende huis staan leeg. Tot sy blydskap sien hy ’n handpomp in die hoek van die ruie agterplaas. Vol verwagting loop hy op die hand­­pomp af en begin pomp. Daar is geen druk in die boorgat se pyp nie. Geen water kom te voor­skyn nie. Hy sien langs die pomp lê ’n bottel vol wa­ter. Hy gryp dit om te drink, maar sy oë val op die woorde wat op die bottel geskryf staan: “Gooi die water af in die pyp. Pomp dan.” Nou is hy in ’n ge­moedstryd gewikkel. Sê nou hy gooi die kosba­re water in die boorgatpyp af en daar kom tog nie wa­ter uit nie? Daar is nog iets op die bottel ge­skryf: “Maak die bottel weer vol water en laat dit daar vir ’n volgende verdwaalde persoon.” Nou is sy stryd groter. Hy kan dalk nog waag om die wa­ter in die pyp af te gooi, maar dan sou hy baie graag die bot­tel vol water wou saam neem. Hy weet nie hoe ver hy nog van die dorp af is nie. Met ’n laaste kyk na die water in die bottel gooi hy dit in die boor­gatpyp af. Hy begin weer pomp. Met die eer­ste paar hale is daar nie druk in die suier nie. Wan­hoop wil net die oorhand kry, toe voel hy die pomp word stywer en na ’n paar oomblikke se pomp, stroom skoon, koel boorgaterwater uit die kraan uit. Hy vul die bottel en drink. Vul dit weer en drink dit weer uit. Hy drink nog ’n bietjie. Ver­kwik en versadig staan hy na die bottel water en kyk. Hy sou dit darem graag wou saamneem. Maar wat van ’n volgende persoon wat in die­selfde omstandig­hede daar aankom? Hy maak seker die bottel is tot bo vol en sit dit by die voet van die pomp neer. In sy hart kom ’n vrede van weet, hy het reggedoen, aan ’n ander mens gedink en nie net sy eie beswil gesoek nie. Na nog ’n lang stap, kom hy by ’n dorpie uit. Sy lewe gered deur iemand wat voor hom ook by daardie boorgat getrou was om die regte ding te doen: ’n bottel water agter te laat.

By die bodem van ’n ontroue daad, lê selfsug: die doen dit vir jou eie ontwil, ongeag wat dit ander sal kos. Of dit in die verkeer op die pad is, of dit in ’n sake tran­sak­sie is, of dit in die huwelik is – waar ookal: ontrou­heid het selfsug – die doen dit eerstens vir jouself – as basis. Getrouheid, die nakom van verantwoordelikheid, ook tot beswil van ander, is ‘n teken van karaktervast­heid, wat ’n mens selfs by ’n ongelowige kan kry. Veral is dit die vrug van die Heilige Gees se werking en in­vloed in die gelowi­ge se hart: “Die vrug van die Gees …is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goed­hartigheid, getrou­heid, nederigheid en self­be­heersing (Gal.5:22). En die werklike toets van getrouheid is nie in groot dinge waar mens in die kalk­lig is nie, maar in klein dingetjies waar ander dit nie sien nie.

 “Here, vandag wil ek ander se verwagting van  my na­kom, tot hulle beswil en tot u eer.”

SATERDAG 29 JUNIE – PADKOS

SATERDAG                             PADKOS

Uit die dagboek PADKOS, met verse uit die Lewende Bybel, wat dieselfde tema het, bymekaar gerangskik.

Laat jou bekommernis aan die Here oor en Hy sal vir jou sorg. Hy sal iemand wat aan Hom gehoorsaam is nooit laat strui­kel nie (Ps.55:23) Julle moet julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie! Dan sal God julle sy wonderlike vrede gee wat ‘n mens nooit met jou verstand kan verklaar nie. Sy vrede sal wag hou oor julle hart en julle gedagtes omdat julle aan Christus behoort (Fil.4:6,7). Moenie die hele dag lank kwaad bly en vanaand so gaan slaap nie (Ef.4:26). God het julle uitgekies en julle sy eiendom gemaak want Hy het julle lief. Daarom moet julle ook meegevoel hê en opreg vriendelik wees. Al sou een van julle rede hê om te kla oor wat ‘n ander een aan hom gedoen het, moet julle mekaar verdra en vergewe (Kol.3:12,13). Dit was as gevolg van ons misdade en ons skuld dat Hy deurboor is en met geweld doodgemaak is (Jes.53:5). Dit is die Here self wat jou sal lei en by jou sal bly. Hy sal jou nooit in die steek laat, van jou af weggaan nie (Deut.31:8).

Posted by Manie on Jun 22nd 2013 | Filed in Padkos | Comments Off

VRYDAG 28 JUNIE – DIE KRAG VAN `N LIGSTRAAL

VRYDAG          DIE KRAG VAN ‘N LIGSTRAAL

Lees Matteus 5: 13-16

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader…in die hemel.. verheerlik” (16)

Spencer Compton vertel hoe hy een aand in ’n skip, onderweg na Indië, in sy kajuit gesit het. Hy was erg seesiek. Skielik galm die geroep van die dek af: “Man oorboord!” Hy spring op. Wat kan hy doen? Hy is nie be­voeg om in die donker water na die man te gaan soek nie. Op die ingewing van die oomblik haak hy sy lig van die dakhaak af en hou dit voor die luik van sy kajuit, sodat die lig buite toe kan skyn. Skaars ’n half­mi­nuut later kom die blye krete: “Alles reg! Hy is gered!” Hy haak die lig terug op sy plek en gaan voort met die boek wat hy so naar-naar sit en lees. Die volgende og­gend word hy vertel, dit was sy lig wat die man se redding moontlik gemaak het. Net toe hy sy lamp voor die luik hou, skyn die lig reg op die man af en die matrose kon hom raaksien en uit die water haal.

Ons is nie almal in staat om groot dade te verrig, om vir die Here nuttig te wees nie. Dit is die geringe daad, die geringe getuienis, op die regte oomblik, wat so baie kan regkry. Dit is nie ons krag wat ander red nie. Dit is God se krag, wat ons klein bydrae gebruik, om sy groot dinge mee uit te voer.

“Here, ek wil vandag beskikbaar wees vir U om my te gebruik.”

Posted by Manie on Jun 22nd 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

DONDERDAG 27 JUNIE – DIE HOOGSTE NOOT

DONDERDAG           DIE HOOGSTE NOOT

Lees 2 Korintiërs 12:1-10

“…ek (is) bly oor swakhede, ontberings, beledigings… want as ek swak is dan is ek sterk” (10)

Omstreeks 1710 kom George Frederick Hän­del in Londen aan. Vir die volgende dertig jaar le­wer hy sy grootse musiek en oorheers hy die mu­siek­wêreld. Hy word beroemd, maar dit gaan nie met hom goed nie. Hy is arrogant, energiek, do­mi­nerend, humeurig, goedhartig, ook opvli­ë­nd. Hy het baie vyande en hulle werk saam om hom te vernietig. In 1737 kom die ineenstorting. Hy word ban­krot verklaar. Op 13 April kry hy ’n be­roer­te­aanval wat sy regterkant en regterarm ver­lam. Daar is min hoop vir sy herstel, maar hy kom tog weer op die been. Met oorgawe begin hy weer ope­ras komponeer en dit gaan weer met hom goed. Toe sterf sy getroue beskermingsvorstin,  konin­gin Caroline van Hanover, Duitsland. Händel was nou amper sestig jaar oud. Hy was sieklik, af­ge­mat, vol skuld, en teleurgesteld. Hy het van God en mens verlate gevoel. “Hoekom het God my laat leef, net om my weer deur my naaste te laat begrawe?” het hy uitgeroep.

Een aand keer hy na sy powere woonplek in Brook Street terug. Op sy tafel lê ’n groot pakket. Haas­tig skeur hy dit oop. Binne-in die pakket is ’n li­retto (teks van ’n operastuk). Dit is Charles Jen­nens se “Gewyde Oratorium” (Bybelse drama). Händel steun. Hy wil nie graag ’n godsdienstige werk hê nie. Hy blaas sy kers dood en gaan lê om te slaap – maar hy bly wakker lê. Hy staan weer op, steek sy kers op en neem die manuskrip op. Woor­de op woorde – dit raak sy hart aan. “He was despised and rejected of men…I know that My Redeemer liveth…Rejoice…” Met bewende hande gaan hy by sy lessenaar sit. Hy wil oopbars van die mu­siek wat in sy gemoed opwel. Hy neem sy pen en begin skryf. Bladsy op bladsy musieknote vloei uit sy skry­wen­de hand. Met bomenslike krag skryf die kom­ponis dae lank, feitlik son­der kos en slaap. Op die 24ste dag gooi hy sy pen neer, val neer op sy bed en slaap vir elf ure lank. Op sy tafel lê die voltooide komposisie van Die Messias. Op 13 April 1742, die vyfde jaar na sy be­roer­teaanval, speel hy dit in Dublin. Daarna bied hy die uit­voering jaarliks aan. Op 13 April 1759, 22 jaar na sy beroerteaanval, 75 jaar oud en blind, derigeer hy met moei­te Die Messias die laaste keer. By die woorde “the trumpet shall sound” steier hy vooroor en val dood neer op die grond.

Die “Gospel Witness” skryf só oor hierdie werk van Händel:  “The Messiah in all its glory, eloquent in faith and glorious hope, lives and will live.” Na meer as twee en ’n half eeue is hierdie woorde steeds waar. Die Here het Händel gebruik om op ’n besondere manier ’n ge­tuie­nis oor Christus en sy dood en opstanding voort te bring. A. Naismith vestig in sy boek Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes ons aandag op ’n merkwaar­dige feit: “The highest note is in the lovely and lofty air, ‘I know that my Redeemer liveth’, and is reached on the word ‘risen’. The composer realised that this one word is the key to the Gospel and to God’s kingdom, and is proclaimed to all the world in the Gospel…” Die sterk, briljante en gesonde Händel sou nie so ’n geïn­spi­­reerde werk tot eer van die Here kon lewer nie. In sy lewe was nie plek vir die ge­krui­sigde Jesus nie. God moes hom eers afbreek en in hom­self swak maak en hom met die vernederde, en daarna met die lewende en verheerlikte Christus, in aan­raking bring, om hom te kon gebruik. Omdat Christus vir ons gebreek en ver­brysel is, is daar vir ons ook nuwe krag en bruik­baarheid in sy opstandingslewe.

“Here, ek wil vandag in swakheid en gebrokenheid uit u opstandingslewe, krag kry om vir U bruikbaar te wees”

Posted by Manie on Jun 22nd 2013 | Filed in Algemeen | Comments Off

Next »