Archive for January, 2012

You are currently browsing the archives of Krag vir Vandag .

SATERDAG 4 FEBRUARIE – PADKOS

SATERDAG                   PADKOS

 

…die Here sê…jy moet nou moed skep en aan die werk spring (Hag.2:4). Ek is die wingerdstok en julle is die lote. Iemand wat aan My verbind bly en Ek aan hom, dra baie vrug…sonder My kan julle niks doen nie (Joh.15:5). Vir al hierdie dinge sien ek kans omdat Christus my die krag daarvoor gee (Fil.4:13). Julle moet sterk wees, maar die krag kom van die Here want al die mag behoort aan Hom (Ef.6:10). Julle blydskap oor wat die Here gedoen het, sal julle weer nuwe krag gee (Neh.8:11). Laat dié wat hulle hande slap laat hang van moedeloosheid weer moed skep en laat dié wat lam in die knieë geword het van vrees weer regop staan (Sag.8:9). Dit is Ek wat jou stuur en Ek gee jou die krag om dit te doen (Rig.6;14).

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

VRYDAG 3 FEBRUARIE – DIE GROOT LIEFDE

 VRYDAG              DIE GROOT  LIEFDE

Lees: Johannes 3 : 12 – 21

“…so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enig­gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

In sy boek, Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes, haal Naismith vir S.D.Gordon aan wat skryf: “The emergency the world is in through sin, calls for sacrifices that bring great pain of spirit.“ Dan vertel hy die storie. “A young man in a small college in die Middle West in U.S.A. was stirred by the needs of a foreign mission field. He determin­ed to offer his life and service to help to meet that need.” Voor hy enige stappe neem om by `n sen­dingsaak aan te sluit, skryf hy eers vir sy moeder om haar te vetel van die brandende velange in sy hart om sendingveld toe te gaan. Hy vra haar toe­stemming. Na verloop van tyd kom die antwoord. Op die bladsye is klat­te wat die tranebui wat saam met die skrywery van hier­die brief gegaan het, verraai.  S. D. Gor­don bewoord dit so: “Its  pages brought up a vivid picture of that mother’s face and heart. She replied, in effect giving her consent, and then writing down these words, ‘I never knew until now how much it cost God to give His Son.’”

Bekende Johannes 3:16 gee uitdrukking aan die stemming waarin ons redding begin het. Dit is mensetaal, begryp deur mensehar­te. Ons redding het vir God `n prys gekos, `n prys op `n vlak wat ons enigsins na ons eie gevoelens kan herlei. ‘Want so lief het God die wêreld gehad – hoe groot was daardie liefde? – dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’  Kan ek God se liefde vir my bedink? Ek kan as ek dit uit my eie lewenswaades bepeins. Hoe lief het ek my kind? En as daardie sen­dingma moes weet hoe haar kind op die sen­dingveld gaan sterf – hy is nie op die sen­dingveld dood nie, maar sê-nou hy is wreed ver­moor word, hoe groot sou die trane­klatte dan gewees het? God het sy Seun gegee, wetend van sy lyding aan die kruis.

 

“Here, vandag oordink ek U liefde vir my.”

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

DONDERDAG 2 FEBRUARIE – DIE EERSTE LIEFDE

 DONDERDAG      DIE EERSTE LIEFDE

LEES: 1 Johannes 4: 10 – 19

“Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

            `n Klein dogtertjie het in die sitkamer, op die vloer, met haar pop gesit en speel, vertel Indian Christian, terwyl die ma by die tafel druk met haar agterstallige korres­pon­den­sie besig was. Uitein­de­lik is die ma klaar en sit haar pen neer. “Jy kan nou kom, Alice, ek is klaar met wat ek vanoggend wou doen.” Die kind hardloop na haar ma toe, klouter op haar skoot, ter­wyl sy uitroep: “Ek is so bly, want ek wou heel môre al Ma so lief hê.” Die ma antwoord, in die hart geraak: “Maar dit het vir my gelyk jy is so te vrede met jou klein Dolly.” ”Ja, Ma, maar ek het moeg geword. Sy kan my nie terugl iefhê nie.” “Is dit hoekom jy my liefhet, omdat ek jou terug­ liefhet,” sê die ma terderlik en druk haar teen haar vas. “Dit die een hoekom, maar nie die eerste en beste hoekom ek Ma so liefhet nie.” “Wat is dan die eerste en beste hoekom?” Die dogtertjie ant­woord met `n sag­te stemmetjie: “Omdat Ma my liefgehad het, toe ek te klein was om Ma lief te hê.” Die ma se oë word vol trane en sy fluister: “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

As die Here ons nie eerste liefgehad het nie,  terwyl ons met ons rug na Hom toe lewe en met ons eie dinge aangegaan het, sou ons nooit by die Here uitgekom het nie. “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons lief­gehad het en sy Seun gestuuur het as `n versoe­ning vir ons sondes.” (1 Joh.4:10). Gelukkig het die evangelie na ons toe gekom en Johannes kan skryf: “En ons het die liefde wat God tot ons het leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom…”

“Here, vandag dank ek U, dat U my eerste liefgehad het.”

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

WOENSDAG 1 FEBRUARIE – ONLEESBAAR MAAR WAAR

 WOENSDAG        ONLEESBAAR, MAAR

LEES: Titus 3: 3 – 8            WAAR

 “… na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die… ver­­nuwing deur die Heilige Gees … Dit is `n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig…” (5-8)

 

In `n vuil, rokerige streek, waar klei­pot­te gemaak word, het `n man met slegte lewens­gewoontes gewoon. Hy kon nie lees of skryf nie man. Op `n dag, in `n ope­lug­diens van die Salvation Army, kom hy tot bekering. Sy veranderde lewe het getuig van die redding deur die Here Jesus Christus. Een oggend is hy na hulle diens toe, maar hy keer terug huistoe `n gebroke en ongelukkige man. Op sy vrou se verskrikte navraag oor wat nou met hom gebeur het, vertel hy haar dat almal die oggend in die diens rooi truie aangehad het, net hy nie. “Ag, dis geen probleem nie,” sê sy vrou verlig, “ek brei vir jou een vir volgende Sondag.” Trots en regop gaan hy die volgende Sondag oggenddiens toe in sy rooi trui. Maar weer kom hy gebroke en ongelukkig terug huistoe. “Wat is nou die probleem,” wil sy vrou angstig weet. Hy antwoord: “Almal het op hul rooi truie, met pragtige, groot wit letters, woorde gehad wat hulle vir mekaar gelees het. Net ek het nie `n enkele letter op my trui gehad nie.” Hy kan nie vir haar sê wat op elkeen se trui geskryf staan nie, want hy kan nie lees nie. Vir die vrou is dit hierdie keer ook `n probleem, want sy kan mos nie lees of skryf nie. Sy onthou, sy het in die afgelope week, oorkant die straat, by die ingang van `n groot winkel, `n bewonderde bord met groot wit letters ge­sien. Sy besluit om met wit lap die letters na te maak en reg te knip en op die trui vas te werk. So gedink, so gedaan. Dáárdie Son­dag kom haar man met stralende gesig van die kerdiens af terug. “Weet jy, my skat, almal het om my kom staan en almal het gesê dis nou die mooiste en slimste woorde wat enigeen aan kon dink.” Bokant die winkel en nou op sy bors, het drie woorde gepryk: -ONDER NUWE BESTUUR.

En dit is presies wat dit was. Hy was nie meer baas van sy lewe nie. Hy het aan Jesus oorgegee. Jesus Christus het nou sy lewe bestuur. Die tekens van die nuwe manier van lewe, onder Christus se heer­skappy, het `n totaal ander manier van lewe geopenbaar. Wanneer Jesus die beheer van `n mens se lewe oorneem, word sy lewe anders, nuut, mooi. “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers, dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Moenie julle lewe stel tot beskikking van sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julle self tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lewe as werktuie van geregtigheid in die diens van God.” (Rom.6:12,13).

“Here, vandag is my  lewe onder u beheer.”

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

DINSDAG 31 JANUARIE – DIE VERLORE VREUGDE

  DINSDAG                DIE VERLORE VREUGDE

LEES: Psalm 51: 10 – 17    WORD TERUGGEVIND

 “Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur `n gewillige gees” (14)

 

In 1895, skryf dr.Campbell Morgan, besoek hy Douglas, in the Isle of Man. Na een van sy na­mid­dag dienste kom `n jongmeisie en vertel hom, vier jaar te vore, het sy al haar vreugde verloor. “Dank God!” antwoord hy haar. In haar geskokte ver­ba­sing, vra sy: “Waarvoor?” “Omdat jy weet wanneer jy jou vreugde verloor het. Want as jy weet wan­néér jy jou vreugde verloor het, dan weet jy hoe en waarom dit jou verlaat het.” Sy antwoord: “Ek dink nie ek weet nie.” “Ja, jy weet. Jy is baie seker van die tyd; gaan nou vier jaar te­rug in jou lewe en vertel my wat gebeur het.” Sy laat haar kop hang en, skryf Morgan, ek raak seker iets besonders het met haar gebeur. “Wat was dit?” vra hy. “Ek en my beste vriendin het oor iets verskil. Ek wou haar dit vertel, maar sy het die land verlaat voor ek by haar kon kom.” “Wel, skryf vir haar en vertel haar jy was verkeerd. Ons Meester verwag dit van jou.” “Ek kán dit nie doen nie,” antwoord sy beslis. “Wel, dan sal jy jou vreugde nie terugkry nie.” Sy het deur die hele reeks van dienste ge­kom, vegtende teen God. Sy het die vreugde geken, van `n geseënde lewe, voor­heen met God. Sy was nou in duis­ternis omdat sy nie wou teruggaan na die oorsaak van haar ongehoorsaamheid nie.

Campbell Morgan skryf: “Die volgende jaar het ek teruggegaan Douglas toe vir die jaarlikse reeks dienste. Die eerste persoon wat ek raakloop, is daardie jongmei­sie. ‘Het jy die brief toe geskryf,’ vra ek,’ Haar hele gesig spreek van vreugde. Sy antwoord: ‘Ek het dit gis­ter­­aand geskryf. Ek het die hele jaar teen God geveg. En heel laas week, ter­wyl ek vooruitgesien het na die dienste, was ek in `n toestand van angs. Uiteindelik sê vir Hom: ‘O God, ek kan dit nie langer uithou nie. Ek gee in.’ En gisteraand skryf ek toe die brief en amper middernag loop ek posbus toe en pos die brief. En toe daardie brief in die gleuf afgly en ek hoor hoe land dit op die posbus die bodem, het die hemel in my hart teruggekom. Dit is nou weer lig in my. God is naby.’”

Vir `n kind van die Here, wat van iets ver­keerds in sy of haar lewe weet, is daar nie `n ander weg na vrede toe nie, as om dit openlik vir die Here te vertel. En as dit te doen het met `n ander persoon, moet die nodige kon­tak met met die betrokke persoon gemaak word, en die saak moet met die persoon opgeklaar word..

Here, gee my vandag krag om my lewe voor U reg te maak.”

 

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

MAANDAG 30 JANUARIE – `N LAMP WAARSKU

MAANDAG       `N LAMP WAARSKU

LEES : Matthéüs 5: 13 – 16

“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle ….. Vader wat in die hemele is, verheerlik”

 

Een donker nag, sien die wag by `n spoor­oor­gang, `n motor teen hoë spoed die trein­oorgang nader. `n Trein is ook vinnig aan die kom. Hy gryp sy lamp en hardloop na die oorgang toe. Heel tyd skreeu hy en swaai sy lamp. Die motoris vermin­der nie spoed nie. Die trein jaag oor die motor en die motoris word gedood. Die hekwag word voor die hof gedaag. Die eerste direkte vraag is: “Het jy, of het jy nie, die lamp geswaai vir die motoris nie?” Met bewende lippe antwoord die hekwag: “Meneer, voor God, sweer ek en ver­klaar, ek het die hele tyd aanmekaar die lamp geswaai.” Hy is ontslaan. Na die saak verby is, vra een van sy beste vriende hom: “George, hoekom het jy so hewig gebewe toe jy jou getuienis gegee het?” George ant­woord: “Ek hét die lamp geswaai soos ek getuig het, maar mag God my vergewe, daar was nie lig in die lamp nie.” Dalk was die lampolie ge­daan, dalk het die pit te kort geword. Maar die feit bly staan, die swaaiende lamp in sy hande kon nie waarsku nie. Die lig was dood.

A. Naismith waarsku: “…in many places of worsh­ip, where the glad tidings and warning notes of the gospel should be sounded out, there is no light in the lamp.” Die aktiwiteite gaan voluit aan, maar die lig wat moet waarsku brand nie. “…and multitudes dash on to eternity and destruction…”

“Here, hou deur u Gees ons lamp brandend.”

Posted by Manie on Jan 29th 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

SATERDAG 28 JANUARIE – PADKOS

 Sonder iets wat ons van ons kant af verdien het, het Hy dit vir ons verniet ge­gee, want sy Seun wat Hy so lief­het , het dit moontlik gemaak. Dit is deur die bloed van sy Seun dat God ons verlos en ons alles vergewe wat ons teen Hom gedoen het (Ef.1:6). . U sal ons weer jammer kry en ons sondes diep in die see gooi (Miga 7:18). – ). Daar is geen ander God wat met U vergelyk kan word nie, want U vergewe die sonde van u volk wat oorgebly het. U bly nie vir altyd kwaad nie, en U wil graag u getroue liefde aan ons bewys.

Posted by Manie on Jan 22nd 2012 | Filed in Padkos | Comments Off

VRYDAG 27 JANUARIE – NIKS HELP NIE

 VRYDAG                      NIKS HELP NIE

LEES: Kolossense 1: 9 – 17

“Hy wat ons velos het uit die mag van die duisternis, en oor­gebring het in die koninkryk van die Seun van sy lief­de, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (14 , 15))

 

Die gewilde prokureur, George Goodman, kry op `n dag besoek van `n jongman. Hy het ruimte vir die af­spraak gehad, en ontvang die jongman. Hy verwag dit is `n sakenavraag. Die ware rede vir sy besoek word gou vir Goodman duidelik. Die rede vir die jongman se besoek, was `n diep besogdheid oor sy sieleheil. “Wat moet ek doen?” vra die jongman. Hy wil hemel toe gaan, hy wil kind van die Here wees, hy wil `n christen wees, en hy kry dit nie reg nie.  “Wat moet ek doen?” vra hy ernstig. “Wat het jy al gedoen,” vra Goodman. The young man detailed a list of deeds he could reckon to his credit: he had prayed, read the Bibel, paid his way, lived hones­tly with the neighbours and so on. “What more can I do?” he exclaimed. “I don’t think you can do any more. You seem to have done more that I have,” replied mr. Good­man, who asked him to repeat all he had done. As hy finished, Mr. Goodman said in a tone of sadness, “No, I can’t sugest any more you can do.” “Then there is no hope!” said the young man in despair; and so saying he rose to go.”

Mnr. Goodman keer hom. “Stop! Dit is nie wat ek gesê het nie. Daar is niks wat jy kan doen nie, maar as ek jou nou vertel van `n werk wat vír jou gedóén is, en wat vir jou die redding sal bring wat jy soek, wat sal daarvan sê? Dit sal sake vir jou verander, dink jy nie so nie?” George Goodman was `n knap en gewilde prokureur, maar hy was ook `n bekeerde man, `n uitgesproke christen. Hy vertel vir die jongman die bekende verloop van Jesus se koms aarde toe. Sy sterwe aan die kruis, om vir ons sondes vergifnis by God te wen. Met ons rekening by God betaal, en sy krag deur die Heilige Gees om die ware Christenskap in die hart tot uiting te bring, hoef ons net te vra en te neem wat Hy reeds gegee het. George Goodman sê vir hom: “Kniel nou by jou stoel. Ek kniel saam met jou. Vra Jesus om jou te red en sê in geloof vir Hom ‘dankie’”. Die jongman het `n vreugdevolle, geredde man huis toe gegaan.

Wat ons nodig het vir ons saligheid het Jesus vir ons aan die kruis volbring. Sy opstanding uit die dood, het die nuwe lewe gebring wat ons nodig het om vir God te lewe. Hierdie reddingskrag word nie met inspanning verkry nie, maar soos `n geskenk ge­neem. In Handelinge 16 is die verhaal van Pau­lus en Silas se tronkervaring. Die sipier het vir hulle ge­vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Paulus se antwoord was: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou gesin.” Dan lees ons in vers 34: “Hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.”

“Here, ek neem en dank U vir u redding.”

Posted by Manie on Jan 22nd 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

DONDERDAG 26 JANUARIE – WELKOM

 DONDERDAG                 WELKOM

LEES: Lukas 15: 11 – 24

“En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen” (20)

 

`n Jong seun in sy tienderjare en `n ouer man, `n afgetrede leraar, is die enigste passasiers in die treinkompartement. Hulle het nog nie met mekaar gesels nie, maar die jongman lyk so bekommerd, dat die ou dominee besorgd vir hom vra of vir hom iets kan doen. Na `n klein rukkie en woorde heen-en-weer wen die ou dominee die jong seun se vertroue. Hy open sy hart vir die ouer man en ver­tel hom hoe hy weggeloop het van die huis af en die hele familie in skande gedompel het. Hy het nou spyt hy het dit gedoen en hy is oppad huis toe. Hy weet nie of hy welkom gaan wees nie. Hy het vir sy ma geskryf en sy het hom van haar liefde verseker en sy wil hom graag terug hê by die huis. Maar die pa is `n probleem. Hy wil nie hoor daar­van dat die seun terugkom nie. Nou is die seun op­pad terug, sonder om te weet watter ontvangs hy gaan hê. Hy het weer `n brief van die ma af gehad, waarin sy skryf, as die pa inwillig om hom terug te ontvang, sal sy `n wit doek aan `n lang boom, wat in die tuin groei, ophang. Die boom is sigbaar van die treinspoor af. Die ou dominee bied aan om `n ogie te hou oor die saak en die seun kan bietjie lê en rus.                         Die verhaal van die Verlore Seun soos Jesus dit in Lukas 15 vertel het, is baie bekend. Teen baie mistrappe in, het die seun se vader hom met groot liefde terug ontvang. Jesus het die hart van sy Vader onthul in die verlore seun se verhaal. Hy het die liefde van God vir sy verlore kind en die hartlike verwelkoming wat hy kan verwag as hy na God toe gaan, geskilder. Die ou domi­nee sit en wag om te sien hoe die situasie in hierdie ge­val gaan ontwikkel. Die seun het aan hom `n draai beskryf, wat hulle sal kry net voor hulle by die huis sal verby­gaan. Die ou leraar besef hulle gaan nou om daardie draai, en wat hy sien laat hom die seun met `n klap op die boud regop sit. “Tyd vir vreugde!” roep die ou dominee uit asof dit hy is wat verwelkom word. Die gely­ke­nis werk in die praktiese lewe uit soos Jesus dit ge­skil­der het. Die boom is letterlik oortrek met stroke wit lappe.  Hy is oor en oor welkom by die huis wat hy so le­lik verlaat het.

Dit teken vir óns, wat wil terugkeer na God toe, wat afhanklik is van sy liefde en genade, die prentjie wat Jesus in ons harte wou oordra. “God het jou lief. Kom”

 

“Here, vandag neem ek hierdie boodskap hart toe en ek

kom na U toe.”

Posted by Manie on Jan 22nd 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

WOENSDAG 25 JANUARIE – S0 NABY

WOENSDAG             SO NABY

LEES: Amos 4:11-13

“…..maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!”

 

`n Myner in die Suide van Engeland, op pad werk toe, loop een aand by `n kerk verby. Hy gaan in. Die prediker preek oor die heiligheid van God en die aaklige lot van iemand wat nog nie sy saak met God uitgemaak het nie en skielik tot sterwe moet kom. “He begged his hearers to ask themselves the question: ‘Am I ready to meet God?” “Antwoord dit nóú, dring hy by hulle aan. Dit is nou die regte tyd. Dis `n goeie geleentheid. God is nou gewillig. Hy roep jou. Jy is nou `n lewende mens. “Tomorrow it might be too late.”

Die boodskap raak die myner se hart. Hy weet hy is nie reg om God te ontmoet nie. Hy leef `n on­verskillige, goddelose lewe. Maar hoe vind hy vrede met God? So bekommerd in sy gewete is hy, dat hy wag tot die kerk leegloop en toe gaan praat hy met die dominee. The faithful man of God tried to lead him toe the Saviour: “He is your peace.” `n Uur gaan vereby, maar die man kan nie rus vir sy siel kry nie.  Die dominee sê: “Dit is laat. Gaan huis toe en in jou kamer bid jy en soek die Here.” “Nee,” sê die myner, “asseblief, bly nog `n rukkie ek moét dit vanaand uitmaak. Weer vertel die dominee vir hom, hoe Jesus vir sy sonde gesterf het en hy moet die red­ding in die geloof net aanneem.” Hulle bid weer.  “The minister grew more and more troubled. ‘I must go,’ said he with reluctance, “it wil soon be morning. Go home; tomorrow night here is a meeting here; maybe  you will find peace then.’” Laat soos dit reeds is, voel die dominee hy kan die man nie net wegstuur nie. “Sir!’ said the poor man. “I cannot leave this room till I find peace. Tomorrow it may be too late and I may be in hell, It must be settled tonight.” Weer gaan die dominee oor die hele weg van saligheid en die myner hang aan sy woorde. Met snikkke en trane breek die lig vir hom deur. “I see it,’ he cried, ‘my peace has been made wih God. It is settled. I must thank God for it. I do! Praise His Name! It is settled.” Weer bid hulle saam en dank God vir sy genade en nabyheid.

Die volgende dag gaan die myner soos ge­woon­lik werk toe. Hy stap alleen af in `n nou gange­tjie ondergronds om gereedskap te gaan haal. `n Groot rots breek los en saam met `n mas­sa los rotse begrawe die hoop grond hom. Uit genade, en met die hulp van `n getroue dienskneg van die Here, is hy net betryds gered.

“Here, vandag soek ek U. Red my!”

Posted by Manie on Jan 22nd 2012 | Filed in Algemeen | Comments Off

Next »