Archive for October, 2011

You are currently browsing the archives of Krag vir Vandag .

DINSDAG 25 OKTOBER – DIE BRUG

DINSDAG                    DIE BRUG

Lees Filippense 2: 8 – 10

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God” .

 

Die Akashi-Kaikyo-brug in Japan, ook be­kend as Pearl Bridge, is die langste sweefbrug (‘n brug son­der pilare) in die wêreld. Die brug kruis die Ak­ashi Strait en verbind Maiko in Kobe en die Awaji-eiland. Die brug is 3 911 meter, dus  byna 4 km., lank. Voor die brug ge­bou is, het veerbote die pas­sasiers tus­sen Awaji-eiland en die Japanese vaste­land oor die Akashi Strait vervoer. Die gevaar­like waterlaan moes dikwels onder groot storms deurloop. In 1955 het twee  veer­bote tydens ‘n storm in die seelaan gesink en 168 men­­se, meesal kinders, het om­gekom. Hierdie skok het die Ja­panese regering ge­dwing om so ‘n brug te bou. Kon­­struk­sie van die brug het in Mei 1988 begin. Op 5 April in 1998 is die brug met sy ses verkeerslane vir ver­keer oop­gestel. Die brug is gebou om winde van tot byna 300 km. per uur en aard­bewings van tot 8.5 grade op die Rich­ter­skaal te weer­staan. Dit was duur om die wye ga­ping tussen die eiland en die vasteland te oorbrug. Die mense­lewens wat op die spel was, het dit vir die ver­ant­woorde­like Japaneseregering die moeite en koste werd gemaak. Indien iemand nou sou omkom omdat die brug nie gebruik wil word nie, sal die wrede dood die persoon se eie skuld wees.

Tussen die eiland van ons aardse wêreld en die vaste land van God se hemelse ewigheid is daar ook ‘n wye en diep gaping, skryf David A. Sargent, leraar van Church of Christ at Creekwood in Alabama. “Dit is julle oortre­din­ge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God..” (Jes.59:2).   God het uit liefde vir ons ‘n brug teen hoë koste oor hierdie wye gaping gebou: “Al­mal het gesondig en is ver van God af. Maar hulle word, son­der dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vry­ge­spreek vanweë die verlossing deur Jesus Chris­tus” (Rom.3:23). Die Here Jesus het self gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Hierdie brug tussen die sondaar en God is ‘n sterk en betroubare brug. “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waar­heid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – God is getrou en reg­ver­dig, Hy vergewe ons ons son­des en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh.1:8,9).

“Here, vandag kom ek oor u brug na U toe.”

Posted by Manie on Oct 23rd 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

MAANDAG 24 OKTOBER – SY GROOTHED

  MAANDAG              SY GROOTHEID

Lees Filippense 2: 5 – 11

“…God (het) Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen…die knie sou buig…” (9,10).

 

In ’n kerk in Rusland buig ’n vrou by ’n beeld van Chistus en soen sy deurboorde voete. ’n Sow­jetoffisier kom na haar toe. Hy spreek haar aan op die gewone Russiese woord vir Ouma. “Ba­bush­ka, is jy bereid om Stalin se voete ook te soen?” Sy antwoord nederig. “As hy vir my ge­krui­sig word, sal ek graag sy voete soen.”

Hy, die Seun van God, het Homself met die diep­­­ste ver­ne­dering – by sy geboorte, met sy lewe op aarde, in sy dood – vir ons gegee. Hy wat die Brood van die Lewe is, het sy bediening op aarde hong­er be­gin: “…Hy (het) niks geëet nie en na­der­hand­…hon­ger geword” (Mat.4:2). Hy wat die Water van die Le­we is, het dors gesterf: “…met die wete dat alles klaar volbring is…(het Jesus) gesê: ‘Ek is dors’” (Joh.19:28). Jesus is vir 30 silwer­stuk­ke ver­koop, maar Hy het ons met sy bloed los­ge­koop: “…julle is los­ge­koop met die kosbare bloed van Christus…” (1 Pet. 1:19). Hy wat die Goeie Her­der was, is soos ’n lam weggelei om geslag te word: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Joh.1:29).

Jesus  verdien ons diepste toewyding, ons groot­­ste verering, ons innigste aanbidding.

 

“Here, vandag wil ek U verheerlik.”

Posted by Manie on Oct 23rd 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

Saterdag 22 Oktober – Padkos

SATERDAG                      PADKOS

Uit Padkos – die dagboek uit die Lewende Bybel.

 

Jy moet jou krag soek in die genade wat God ons gee omdat ons aan Christus Jesus ver­­­bind is (2 Tim.2:1). Ons bid ook dat hy deur sy Goddelike mag vir julle elke keer die krag sal gee om te kan verdra en geduldig te wees en om dit met blydskap te doen (Kol.1:11). Haal alles uit in die wedloop waarin jy hardloop want die prys is die ewige lewe… (1 Tim.6:12). Hy sal kyk wat elkeen ge­doen het, en hulle dan daarvolgens beloon (Ps.62:13).

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Padkos | Comments Off

Vrydag 21 Oktober – As Ek Net Geweet Het

VRYDAG    AS EK NET GEWEET HET

Lees Lukas 10: 30 – 35

“…en toe hy hom sien het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind” (33,34).

Stephen Covey, skrywer van die gewilde Seven Habits of Highly Effective People, skryf dat hy een Sondagoggend in New York die bus haal. Die passa­siers sit tydens die rit rustig en stil. Party lees, ander sluimer bietjie in, an­­der sit net by die vensters en uitkyk. Alles ver­ander toe ’n man, met kinders by hom, opklim. Die kinders is luidrugtig en is die he­le bus vol ru­moe­rig,. Die man lyk onbewus van wat om hom aangaan. Hy het langs Co­vey kom sit. Die kinders skree op mekaar, gooi goed rond, gryp selfs sommige mense se koeran­te. Nog doen die man niks. Eers pro­beer Co­vey sy toenemende ergerlikheid beheer, maar toe die man steeds die kin­ders se oproerigheid igno­reer, raak dinge vir Co­vey te erg. Hy draai na die man toe: “Me­neer, jou kinders is regtig steurend vir die mense. Kan jy hulle nie asseblief beheer nie.” Dit lyk of die man uit ’n beswyming bykom. “Ag, ekskuus tog, jy is reg, ek moet regtig iets doen. Ons kom nou net van die hospitaal af. Hulle ma, my vrou, is ’n uur ge­lede dood. Ek weet nog nie mooi wat om te maak nie. Ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.” Covey het later ge­skryf: Can you imagine what I felt at that mo­ment? Suddenly I saw things differently, and because I saw diffe­rently, I thought dif­fe­rently, I felt differently, I behaved different­ly. My irritation vanished…my heart was fil­led with the man’s pain. Feelings of sympa­thy and compassion flowed freely…every­thing changed in an instant.  I said: “Oh, I’m so sorry! What can I do to help?”

As ek net kon weet wat in iemand se le­we aangaan, wat hom laat optree soos hy op­tree, hoe an­ders sou ék dalk gevoel en teenoor hom gehandel het?

“Here, vandag wil ek eers iemand se gedrag probeer verstaan, voor ek dit veroordeel.”

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

Donderdag 20 Oktober – Lig waar dit Donker Is

 DONDERDERDAG         LIG WAAR DIT DONKER IS

Lees Johannes 8: 12 – 20

“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die dui­sternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”  (12).

In sy boek, It Was on Fire When I Lay Down on It, skryf Robert Fulghum dat hy die gewoonte ge­had het om ’n vraag te vra as daar na ’n lesing of praatjie geleentheid gegee word om vrae te vra. ’n Spre­ker sluit sy lesing of praatjie gewoonlik af met: “Ís daar enige vrae?” en dan sal Fulghum vra: “Wat is die betekenis van die lewe.” Gewoonlik lag die ge­hoor oor sy vraag en maak hul skryfgoed byme­kaar om te vertrek, en die spreker maak dit ook met ’n goedige knik of laggie af. Maar een dag het Fulghum ’n verrassing gekry.

Dr. Alexander Papaderos, ’n Griekse filosoof het ’n lesing gegee en toe Fulghum sy gewone vraag vra, hou dr. Papaderos sy hand op en sê: “Ek wil jou vraag graag antwoord.” Met dié woorde haal hy ’n klein, ronde spieëltjie uit sy sak. Hy het geduren­de die oorlog opgegroei, vertel hy, en sy familie was baie arm. Hy het omtrent geen speelgoed ge­had nie. Eendag tel hy die gebreekte stuk­kies van die spieël van ’n Duitse motorfiets, wat ’n ongeluk was, op. Tevergeefs het hy die stuk­kies pro­beer las en toe maar die grootste stuk saam­ge­neem. “Dit was hierdie een,” vervolg hy en hou die spieëltjie hoër op. “Ek het die skerp kante op ’n klip afgeskuur totdat dit rond was. Ek het daarmee be­gin speel en my plesier gevind om met die spie­ël­tjie lig te weerkaats op plekke waar dit donker was. Dit het my doel geword om lig te skyn in plekke waar daar nooit lig kom nie – diep gate, rots­skeure, donker hoeke van kaste en so meer. Ek het die spieëltjie by my gehou toe ek groter word en met my speletjie aangehou. Toe ek ’n man geword het, het dit tot my deurgedring dat dit nie net ’n kinderspeletjie is nie, maar dat ek dit met my lewe kan doen – ek kan lig in mense se donker le­wens bring en so dalk mense se lewens verander.” Met daardie woorde beweeg dr. Papaderos sy spieëltjie en weer­kaats die daglig wat by die vensters instroom in Robert Fulghum se gesig.

Dit bring positiewe waarde in ’n mens se lewe in as ‘n mens so ’n houding inneem. Om lig met ’n mens  se lewe te kan weer­kaats moet mens ’n ligbron hê. Jesus het gesê: “Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld” (Joh.9:5). Maar Hy het na sy opstanding teruggegaan hemel toe. Hy het vir sy dissipels egter ’n taak nagelaat: “Julle is die lig vir die wêreld” (Mat.5:14). Uit die krag van Jesus se lewe in ons, deur die inwoning van die Heilige Gees in ons hart, vloei goedheid, meegevoel, begrip, mede­deel­saam­heid deur ons na ander toe en bring lig waar hulle lewe donker is.

 

“Here, vandag wil ek u lig weerkaats”

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

Woensdag 19 Oktober – Nie Tyd om die Bybel te Lees nie

WOENSDAG           –            NIE TYD OM DIE BYBEL TE LEES NIE  – Lees Hebreërs 5:11-6:3

“Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap (6:1)

 

Die bekende skrywer, Wilbur M. Smith, skryf in Profi­ta­ble Bible Study dat die meeste boeke van die Bybel in minder as 20 minute deurgelees kan word. Die hele Ou en Nu­we Testamente, sê hy, kan hardop, stadig en met ge­voel in 72 uur deurgelees word. Dan beweer hy: It will astonish many to know that one single, normal issue of The Saterday Evening Post contains as much reading matter as the entire New Testament.” Baie duisen­de lees so ’n koerant maklik in minder as ’n week deur, skryf hy en voeg by “The number of Chris­tians who read the New Testament through every week, or even one whole book of the New Testament every week, are so few that we need not talk about it.” In die Ou Testament is daar 13 boeke en in die Nuwe Testament 17 boe­ke wat uit minder as 10 hoofstukke bestaan. Die hele Ou Testament het 930 hoofstukke en die hele Nuwe Testament 261 hoofstukke. Saam is dit 1 191. Gedeel deur die 365 dae van die jaar hoef ‘n mens min­der as 3½ hoofstukke per dag te lees om die Bybel in ’n jaar deur te lees.    Ons geestelike lewe en geestelike groei is afhanklik van die lees van God se Woord. “Ver­lang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei (1 Pet.2:2 Ou Vertaling).

 

“Here, vandag lees ek met sielehonger u Woord.”

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

Dinsdag 18 Oktober – Klein en Groot Dinge

 DINSDAG        KLEIN EN GROOT DINGE

Lees     Matteus 16:13-20

“Wie, sê die mense, is die Seun van die mens? …maar julle…wie, sê julle, is Ek?” (14)

 

William L. Stidger  vertel in sy boek “There are Ser­mons in Stories            “  van die meisie Sadie Smithson wat eintlike arm grootgeword het in Johnsons Falls, Wes Virgiania het. Haar pa was in beheer van ’n perdestal en sy­self het met naaldwerk ’n in­komste probeer maak. Hulle het net bo die armlas­ti­ge vlak geleef. Sy wou graag met die hoër klas van die dorp meng. Haar plan om dit reg te kry, was om lid te word van die Laurel Literary Society, ’n organisasie wat die sosiale glans van haar dorp weerspieël het. Na sy klaar was met hoërskool het sy aansoek gedoen vir lidmaatskap. Haar aansoek is afgekeur. Wel, het sy gedink, miskien sal hulle meer van haar dink as sy deur Europa gereis het. Sy het geld gespaar en gedroom hoe die sagte handskoenhande sal klap as sy haar lesing van My Toer deur Europa gelewer het. Na jare se spaar­saamheid het sy haar droom verwesenlik en saam met ‘n professor en sy vrou die toer aangepak. Juis toe het Wêreldoorlog uitgebreek. Sadie was met die opening­skote van die oorlog in België, maar sy het reggekry om ’n rit Parys toe te kry. Die bestuur­der het egter sy koers kwytgeraak en skielik het hul­le oor ’n slagveld gery. Sadie het afgekyk op ’n gewonde soldaat wat  reg langs hulle voertuig lê. “Water!” skreeu hy. “In hemelsnaam, water!” Sadie het uit die bussie gespring en met ’n beker na ’n nabygeleë fontein gehardloop en vir hom water ge­bring. Toe roep nogeen vir water. Weer hardloop sy fon­tein toe. Die bussie vertrek sonder haar. Heel nag het sy heen en weer tussen die fontein en gewonde sol­date gehardloop. Sy het haar rok repe geskeur en hulle wonde probeer toebind. Sy het sterwende manne se boodskappe aan hulle dierbares neergeskryf. By elke man het sy gebid. Dit was ’n nag van skrik, en donkerte, en gekerm van gewonde soldate. ’n Ambulans met ’n dokter en verpleërs het aan­ge­kom. Hy was verstom om die arm jongvrou van West Virginia tussen die bloed en verwoesting van die oorlog te vind. In William Stidger se woorde roep die dokter uit: “Who are you? What in thunder are you doing here?” “I’m, she said, “and I’ve beenholding hell back all night.” “Well miss Sadie Smithson,” said the young doctor, “I’m glad you held some of it back, for everybody else in the world was letting it loose last night.” Terug huis toe, op die skip, vertel sy haar storie vir ’n medepassasier. “Ek het self nie kinders gehad nie, maar daardie nag was al daardie manne my kinders. Ek daardie nag my le­we vir hulle kon gee,” voeg sy by. Die passasier antwoord: “Wel, ek dink die Laurel Literary Society sal nou bly wees om jou hulle lid te maak. Sadie antwoord, in Stidger se woorde: “No, I’ve been face to face with war and death and hell and God. Now little things like the Laurel Literary Soceity don”t matter to me any more.” “What does matter,” asked the friend. “Nothing,” Sadie said. “Nothing but God and love – and doing what I can do for those He sends me to.”

Iets van die Here Jesus se gesindheid het daardie nag in Sadie se hart wakker geword, sodat klein wê­reld­se weeldes en eer vir haar niksseggende waarde gekry het. Die Here Jesus heet in die donker van die nag na ’n sterwende mensdoem toe gekom. Hy het ons liefgehad en Homself vir ons gegee. As Hy in ons hart kom woon, verander ons perspektief van die lewe.

 

 “Here, vandag vra ek dat U my hart na u vlak ophef.”

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

Maandag 17 Oktober – Krag uit wat God sê

MAANDAG         KRAG UIT WAT GOD SÊ

Lees Daniël 10: 12 – 21

“Hy het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, jy vir wie God liefhet! Dit sal goed gaan met jou. Wees sterk! Wees sterk!’ Terwyl hy met my praat het ek weer sterk gevoel…”

 

William Carey was ’n skoenmaker in ’n dorpie, Paulerspury met 800 inwoners, noord van Londen, toe hy ’n boek oor die sendeling, David Brainerd, se kragtige gebedslewe gelees het. Die Here het hom geroep en Carey het as sendeling Indië toe ge­gaan, waar hy in die begin baie swaar gehad het. Dit het vir hom gevoel alles is teen hom. Daar was geen bekeringe nie. Sy mede­wer­ker, John Tho­mas, sou in Calcutta vir skuld in heg­te­nis geneem word en hy het Carey probeer saam­sleep. Carey kon nie goeie huisvesting vir hom en sy gesin kry nie. Twee van sy kinders het aan disenterie gely, sy vrou, Dorothy, het vyandig teen hom gedraai en dit het gelyk of sy in die vreemde land haar verstand gaan verloor. Oor hierdie om­stan­dighede skryf hy – sy eie woorde, soos aange­haal deur Mary Drewery in William Carey: A Bio­gra­phy: “If my family were but hearty in the work, I shoud find a great burden removed…but they were unhappy and lonely…These are burdens and afflic­tions for me, but I bless God that I faint not, and when my soul can drink her fill at the word of God, I forget all.” Hy het waarlik sy kruis gedra en sy Hei­land Jesus gevolg!

Hoe het sy lewe verloop? Na sewe jaar het van die Indiërs tot bekering begin kom en hy ’n ge­meente stig. Hy het vir 41 jaar, sonder om ooit verlof te neem, in Indië gebly, en is op 73-jarige ouderdom dood. Hy het die Bybel in ses tale vertaal, hy het meer as ’n honderd Indiër­skole geopen, hy het die Seram­pore College, wat tot vandag toe predikante oplei, gestig, hy het die eer­ste Indiërkoerant gepubli­seer, hy het vir In­diër­boere ’n spaar­bank op die been gebring, hy het woor­deboeke en gramma­ti­ka­boe­ke in 5 tale ge­skryf, hy het die Indiërgebruik, Sati, die verbran­ding van weduwees, tot ’n einde ge­bring, en Mary Drewery skryf: “…he launched the modern era of missions and laid the foundation for the modern science of missionology”.

Die Bybel was die bron van sy krag. In die Bybel het God ’n kanaal gevind om met ons te praat. Elke keer as God met ’n mens praat, kry ’n mens nuwe krag, maar God praat nie hoorbaar uit die hemel uit nie, ons vind wat Hy vir ons sê in die Bybel. “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jes.41:10).

 

“Here, vandag gee u Woord my nuwe krag.”

Posted by Manie on Oct 16th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

DONDERDAG 13 OKTOBER – NOG `N KLEIN SAADJIE

DONDERDAG               NOG `N KLEIN SAADJIE

Lees Johannes 6:31-40

“Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee”(35).

In `n afgeleë deel van Wallis het die dogtertjie, Mary Jones, saam met haar ouers tussen die berge gewoon. Nie haar ouers of sy kon nie lees nie. Sy het graag saam met hulle kerk toe gegaan. Die By­bel­ver­sies wat die pre­di­kant gelees het, het haar aangegryp en sy het hulle probeer onthou. Toe Mary tien jaar oud was, is ’n skool 3km van hulle huis af geopen. Mary kon uiteindelik leer lees. Na sy leer lees het, was daar net een wens in haar hart: om ’n eie Bybel te besit. Bybels was baie skaars en baie duur. Vir ses jaar lank maak sy alle moontlike geld bymekaar om `n Bybel te koop.

Op ’n dag hoor Mary in die dorpie Bala, word Bybels verkoop. Sy sou met die voetpaadjie, tussen die berge deur, Bala toe  loop en vir haar ’n Bybel  gaan koop. Een oggend vroeg kniel sy saam met haar pa en ma om te bid dat die Here haar sal bewaar. Sy groet hulle, neem haar handsak met padkos en die geld, waar­voor sy so lank gewerk het, en ’n paar skoon skoene om aan te trek as sy in Bala kom, en vertrek. Die aand, net toe dit donker word, kom sy in Bala aan. Goeie mense gee vir haar herberg vir die nag. Vroeg die volgende oggend klop sy aan eerw. Thomas Charles se deur. Hy maak self die deur oop en nooi haar effens verbaas in. Hy wil weet wat sy van hom wil hê. “’n Bybel,” fluister sy in daar­die groot oomblik waarvoor sy so lank gewag het en haal haar geld uit. Oorbluf kyk hy na haar: “My kind, ek het geen Bybels om te verkoop nie!” Sonder ’n woord sak Mary op ‘n stoel neer en begin bitterlik huil. Tussen haar snikke deur kla sy: “Moet ek dan nou sonder ’n Bybel teruggaan?” Aangedaan sit hy sy hand op haar skouer: “Moenie huil nie, Mary. Omdat jy so graag ’n Bybel wil hê, gee ek vir jou een van my eie Bybels. Hier, neem dit.” Met ’n kreet van blydskap spring sy op, gryp die Bybel en druk dit teen haar vas. “Dankie!” roep sy uit. “Baie dankie! Nou moet ek huis toe gaan.”

By haar huis wag haar ouers haar in. Van ver af al wys sy vir hulle die Bybel. Hulle hardloop haar opgewonde tegemoet. In die voorkamer word die groot parafienlamp aangesteek. Vir die eerste keer, met haar ouers by haar, maak Mary haar eie Bybel oop. Sy blaai na Psalm 150 toe en lees van die eerste vers af: “Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf …” tot by die laaste vers: “Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!”

Uit hierdie gebeurtenis het ’n geseënde gevolg ge­spruit: Eerw. Thomas Charles het vir sy kol­le­gas in Londen gaan vertel van die nood aan By­bels in Wallis. Een van die leraars in die vergadering stel voor: “Kom ons stig ’n ver­enig­ing wat meer Bybels aan Wallis kan voorsien.” ’n Ander leraar, eerw. Joseph Hughes, roep uit: “Nie net vir Wallis nie, maar vir die hele wêreld!” So is die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap op 7 Maart 1804 gestig. Dit het na ander lande uitge­brei. Ons eie Bybelgenootskap van Suid-Afrika, het in 1820 in werking getree en een van die grootste verspreiders van volledige Bybels in die wêreld geword. `n Klein saadjie – `n groot oes!

(Ds. Wolhuter het hierdie verhaal vir my gegee om in `n Oktober  uitgawe van Krag vir Vandag te plaas.)

“Here, vandag dank ek U vir mense wat saam­gewerk het om die Bybel in my hande te plaas. Seën die werk van die Bybelgenootskap.”

Posted by Manie on Oct 9th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

VRYDAG 14 OKTOBER – HOU AAN SAAI

VRYDAG                     HOU AAN SAAI

Lees Prediker 11: 1 – 6

“Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal ’n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie” (6).

 

In Billy Keith se boek, W. A. Criswell, vertel hy ’n inte­ressante verhaal van hoe hierdie groot prediker van die First Baptist Church of Dal­las, Texas, deur wie se bediening baie mense die Here gevind het, tot bekering gekom het. Dit was toe Criswell, of W.A. soos hy genoem is, ’n seuntjie van 10 jaar oud was, dat eerw. John Hicks in die dorpie waar W.A. met sy ouers gewoon het, ’n 14dae-diens­reeks kom hou het. Eerw. Hicks het in die Criswells se huis tuisgegaan en W.A. het van die begin af baie van hom gehou. Eendag het W.A. vir sy ouers toestemming gevra om van die skool af weg te bly om die 10vm.-diens by te woon. Hy het elke woord wat Hicks gepreek het, ingedrink, en toe Hicks mense nooi om vorentoe te kom as teken dat hul­le hulle hart vir Christus wil gee, het klein W.A. met trane in die oë ook vorentoe gegaan en Jesus Christus as sy Sa­ligmaker aangeneem. Jare later toe W.A. die beroemde prediker geword het, vertel hy vir sy vriend, Wal­lace Bas­set, van sy bekering onder John Hicks. “Sal jy dit asb. herhaal,” versoek Basset dringend. W.A. vertel weer sy storie. “Ek kan dit nie glo nie,” sê Basset. “John Hicks was vir my ’n geliefde vriend. Met sy laaste siekbed voor hy dood is, was hy hier in die Baylor Hospitaal. Ek het hom ge­reeld besoek. Een dag toe ek so by hom sit, sê hy vir my: ‘Wallace, my lewe is verby, my preekdae is op ’n end, en ek weet nie van iéts blywends wat ek vir Christus ge­doen het nie. Ek het misluk, Wallace, ek het gefaal.’” Hieroor skryf Billy Keith in sy boek: “Those were the last words the old preacher ever spoke. He did’nt realize how successful he had been in just that one conversion of the boy W.A..”

                Baie keer voel iemand wat vir Christus probeer werk dat daar geen ware vrug op sy pogings was nie. Enigeen wat die evan­gelie van Christus probeer oordra, miskien deur ’n traktaatjie, of ’n woordjie van getuienis, of hulpverlening aan iemand ter wille van Christus, voel hy/sy het niks bereik met die klein poging nie. Hulle besef nie altyd watter vrug gevolg het nie en hulle mag uitsien na be­lo­ning in die ewige koninkryk van Christus. God sorg vir die vrug op ons geloofspogings vir Hom. So een gaan verbaas wees oor die vrug wat sy nietige pogings vir die Here gelewer het. “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word.”

“Here, vandag wil ek volhard om U te dien.”

Posted by Manie on Oct 9th 2011 | Filed in Algemeen | Comments Off

« Prev - Next »