Archive for August, 2009

You are currently browsing the archives of Krag vir Vandag .

Dinsdag 1 September – Die Veilige Hand

DINSDAG DIE VEILIGE HAND

Skrifdeel: Psalm 139: 7 – 12

“… daar lei u hand my, hou u regterhand my vas” (10)

Die evangeliesanger, Ira D. Sankey, stap een win­tersoggend in Skotland, saam met sy seun­tjie, vertel Scattered Seed die storie. Met `n warm jassie aan, hande styf in die sakke, stap die seuntjie trots en regop langs sy pa. Plek-plek is die grond nog hard en glad van die ys. “Seun, laat ek jou handjie vashou. Net-nou val jy,” sê San­key vir sy seuntjie. Dié trek net die skouer­tjies op en druk sy hande dieper in sy sakke. Nie lank nie of, wat die pa gevrees het, gebeur. Hy gly en val. Die val het sy trots effens afgebring en nou is hy gewillig om sy pa se hand vas te hou, maar hy voel nog te sterk dat sy pa sy hand sal vashou. Net `n entjie en hy gly weer, maar is te swak om sy pa se hand te bly vashou en weer val hy, nogal bietjie hard. “Then it was that hum­bled in spirit he said, as he raised his hand, ‘You may take it now.’ And so it was that the father’s strong hand held the child up when the slippery places came. Happy is the believer who knows that he is in the mighty hand of his God, his Saviour” skryf Scattered Seed vir ons die groot en kosbare geloofsles.

Ons kom op gladde plekke en ons weet ons kan nie self regop bly nie. Hier hou die Here óns hand vas. “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie …en niemand kan hulle uit die hand van my Va­der ruk nie. Ek en die Vader is een” (Joh.10:27-30).

“Here, vandag moet U my vashou.”

Posted by Manie on Aug 31st 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Maandag 31 Augustus – Uitgestrekte Liefde

MAANDAG – UITGESTREKTE LIEFDE

Skrifdeel: Handelinge 16: 22 – 34

“Menere, wat moet ek doen om gered te word? Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word…(30,31).

Op Oukersaand 1875 was die evangelie- sanger, Ira D. Sankey, wat saam met die be­ken­de prediker, D. L. Moody, gewerk het ’n pas­sa­sier op ’n stoom­boot op die Delaware­rivier. Daardie ster­ligaand het baie passasiers in ’n feesstemming op die dek vergader. Soos ver­wag kon word, word Sankey gevra om te sing. Geleun teen een van die boot se groot skoor­stene, sy oë opgehef na die helder sterre­hemel, sing hy die lied: “Heiland, soos ’n Herder lei ons…” In ’n doodse stilte, slegs on­der­beek deur die ega­lige gestamp van die krag­tige bootmotore, dryf die woorde en melo­die uit die sanger se siel die nagstilte in. Diep ont­roer luister almal. Na afloop van die lied kom ’n man, met ’n verweerde, ruwe gesig, na San­key toe. “Het u ooit in die Verenigde Leër ge­dien?” vra hy. “Ja, in die lente van 1860.” “Een helder maanligaand het jy waggestaan en ook hier­die lied gesing.” “Ja, ek onthou dit,” ant­woord Sankey ietwat ver­baas. “Ek was ook daar,” vervolg die man. “Aan die Gekonfede­reer­de Leër se kant. My plig was om jou as ons vy­and te skiet. Jy het in die volle lig van die maan gestaan. Ek was in die ska­duwee. Ek het my geweer opgelig en korrel­gevat. Dit sou op die kort afstand ’n doodskoot wees. Op daardie oom­blik dat ek wou skiet, het jy, net soos nou, jou kop opgelig en in die lug opgekyk en begin sing. Ek het ’n oomblik getalm en toe hoor ek die woorde. Ek onthou dit tot nou toe: ‘Ons be­hoort aan U, Heer, seën ons, wees die Leids­man op ons weg.’ Na jy klaar gesing het, kon ek jou nie skiet nie. Ek het gedink: ‘Daardie man se Here wat hom so wonderlik van ’n gewisse dood gered het, is ’n groot en magtige Here.’ Van daardie tyd af het ek heinde en verre geswerf. Toe jy vanaand so staan en sing en bid het ek jou herken. Daardie aand het jou sang my hart gewond, nou moet jy my help om gesond te word.” Diep ontroer slaan Sankey sy arms om die man en neem hom saam na sy kajuit toe. Daar vertel hy hom van Jesus Christus se redding en bid saam met hom. Daardie aand het die vreemdeling die Goeie Herder ook as sy Hei­land gevind. God het die edele evangeliesanger liefgehad en van ’n gewisse dood bewaar, maar God het ook die ruwe sondaar liefgehad en won­derbaarlik vir hom gesorg en hom gelei tot by `n plek van ontmoeting met Hom en redding.

“Here, vandag glo ek u liefde sluit my ook in en bereik my.”

Posted by Manie on Aug 30th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Saterdag 29 Augustus – Padkos

SATERDAG – PADKOS

Uit Padkos – die dagboek uit die Lewende Bybel.

Maar al is ’n mens se sondes baie, die goedheid van God is nog groter (Rom.5:20). – ’n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar ’n mens wat nie hierdie vertroue het nie, is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van God is in wie hy nie wou glo nie (Joh.3:18). As iemand deur Christus na God toe na­der kom, kan Christius hom geheel en al red want Hy leef vir altyd om ons saak by God te stel (Heb.7:25). Het ek dan miskien my krag verloor, so­dat Ek julle nie meer kan verlos nie?” (Jes.50:2). Is daar iets wat ons wegtrek van Christus se liefde vir ons? Daar is niks wat ons sal kan wegruk van God se liefde vir ons nie, want Jesus Christus ons Here het daardie liefde vir ons gebring (Rom.8:35,38,39).

Posted by Manie on Aug 28th 2009 | Filed in Padkos | Comments Off

Vrydag 28 Augustus – Die Gewer en die Gawe

VRYDAG – DIE GEWER EN DIE GAWE

Skrifdeel: Johannes 3: 1 – 21

“God het…sy enigste Seun gegee…sodat dié wat in Hom glo…die ewige lewe kan hê’ (16)

Een Sondagoggend staan Father Chiniquy voor sy gemeente van bykans duisend mense in `n Illinois-stad, skryf A. C. Dison. Hy sê: “My people, I resign my priesthood, though I have been here thirty years.” Op die gemeente se aan­drang gee hy sy redes. “Last night all sleep had left me. After reading the New Testament I saw that salvation is in Jesus Christ, and is the gift of God’s eternal love. Penance is not in it. Purgatory is not in it. Absolution is not in it. On my knees in my room I accepted the Gift, and I love the Giver. I walked the room most of the night praising God.” Vir `n uur en `n half verdui­delik hy aan die mense die genade van God in Christus se redding. Aan die einde van sy lang preek vra hy hoeveel mense by hom wil aan­sluit om die Gawe aan te neem en die Ge­wer lief te hê. Behalwe ongeveer 40 persoon het almal hulle by hom gevoeg. En so het die Presbiteriaanse Kerk in wording gekom.

Hoe glo ons die weg na redding? Die Gawe is Jesus Christus wat aarde toe gekom en aan die kruis gesterf, uit die dood opgestaan, en in hemel by die Vader verheerlik is. Die Gewer is God die Vader, wat sy geliefde Seun gegee het vir ons redding. Die redding is die werk van die Heilige Gees, wat na Jesus se hemelvaart ge­kom het en nou in ons hart werk om ons in Jesus as ons Verlosser te laat glo en ons dan `n nuwe lewe te gee. Hierdie redding ontvang ons as ons Jesus vra om in ons lewe in te kom.

“Here, vandag neem ek die Gawe, ek het die Gewer lief en ek vertrou in die werk van die Heilige Gees.”

Posted by Manie on Aug 27th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Donderdag 27 Augustus – `n Veilige Belegging

DONDERDAG – `N VEILIGE BELEGGING

Skrifdeel: Lukas 12: 13 – 21

“…wie kry alles wat jy bymekaargemaak het?

In sy boek Encyclopedia of 7700 Illustrations, vertel Dr. Paul Lee Tan, dat John D. Rocke­feller, Sr. `n sterk en fris seuntjie was. Hy het vroeg al besluit om ryk te word. Hy het homself tot die uiterste toe ingespan en op 33-jarige ouderdom sy eerste mil­joen gehad. “At age 43, he controlled the biggest company in the world. At age 53, he was the richest man on earth and the world’s only billionaire.” Toe ontwikkel hy `n kwaal wat alopecia genoem word. Sy hare begin uitval, sy ooghare en wenkbroue ver­dwyn. “He was shrunken like a mummy.” Sy weeklikse inkomste was `n miljoen dollar, maar hy kon net melk en droë beskuitjies inneem. In Penn­syl­vania was hy so gehaat dat hy dag en nag deur `n wag beskerm moes word. “He could not sleep, stopped smiling long since, and enjoyed nothing in life.” Die dokters het voor­spel hy sal binne `n jaar sterf. Die koerant het `n doodsberig vir hom voorberei in­geval hy onverwags sou sterf. Gedurende sy sla­pe­lo­se nagte het hy sy lewe oordink. “He realiz­ed with a new light that he could not take one dime into the next world. Money was not every thing.” Die volgende og­gend was hy `n nuwe mens. Hy het kerke uit sy op­ge­gaarde skatte begin ondersteun. Hy het omgesien na arm en behoeftige mense. “He established the Rockefel­ler Foundation whose funding of medical research led to the discovery of penicillin and other wonder drugs.” Hy het weer begin eet, goed geslaap en die lewe weer geniet. Die dokters het voorspel hy gaan 54 nie haal nie, en hy het 98 jaar oud geword.

Rockefeller het gelukkig nie, soos die ryk man in die gelykenis van die Here Jesus, eers na sy dood ont­waak nie. “Die ryk man het ook gesterwe en is be­grawe. Toe hy in die dode­ryk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abra­ham daar in die verte en vir La­sa­rus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham…stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur’” (Luk16:22-25). Dit is nie net groot rykdom wat `n mens se oë kan verblind vir die erns van die ewigheid waarheen ons oppad is nie. Ons moet dink, wakker word, onsself afvra: Loop my lewe veilig? Is ek ge­red? Het ek die ewige le­we? “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus,wat deur U gestuur is” (Joh.17:3).

“Here, vandag wil ek seker maak ek het die ewige lewe van U ontvang.”

Posted by Manie on Aug 26th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Woensdag 26 Augustus – Ons Behoud

WOENSDAG – ONS BEHOUD

Skrifdeel: Johannes 10: 22 – 30

“Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (28).

Twee Christenmanne wat aan verskillende ker­ke behoort, stry eendag oor die behoud van die ge­lo­wi­ge, vertel Christian Courier. Die een sê: “Ek sê vir jou, `n kind van God is net veilig as hy in die red­dings­bootjie bly. Hy kan uitspring en as hy uit­spring is hy verlore.” Die ander een antwoord: ”Jy laat my dink aan `n ge­beure in my eie lewe. Ek het my seun­tjie saam met my in die boot geneem en op die meer gaan vaar. Hy was klein en opgewonde en het met sy handjie in die water probeer plas. Hy het nie, soos ek, die gevaar besef van in die wa­ter te beland nie. Ek wou nie sy pret bederf nie en het hom heel­tyd net vasgehou, sodat hy nie kon uitval of uitspring nie.” “Ja,” sê die eer­ste man, “maar hy kon hom loswoel uit sy jassie as hy wou en tog in die water beland.” “Jy het my verkeerd verstaan as jy dink ek het net sy jassie vasgehou.” sê die ander man weer. “Ek het hóm vasgehou.”

As ons deur genade deur vertroue, in Chris­tus God se kind geword het, hou Hy óns vas. Ons ge­voe­lens kan verander, ons skrifbegrip kan verander, `n versoeking kan ons platloop, maar gelukkig hou God onsself vas en bring ons weer in `n van hart tot hart verhouding met Homself. Dit is hoe Jesus Pe­trus vasgehou het. “En onmiddellik, terwyl Petrus nog praat (met die derde persoon wat hom met Jesus verbind), het daar ’n haan gekraai. Die Here (in die hoëpriester se huis) het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: ‘Voor­dat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal ver­loën.’’’En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil” (Luk.22:60-62). Jesus het hom behou.

“Here, vandag weet ek U hou my vas.”

Posted by Manie on Aug 25th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Dinsdag 25 Augustus – Dis vir Vra

DINSDAG – DIS VIR VRA

Skrifdeel: Johannes 1: 1 – 16

“.. aan almal wat Hom aangeneem…het Hy die reg gegee, om kinders van God genoem te word” (12)

Tydens die Spaans-Amerikaanse oorlog, was Clara Barton betrokke by Rooikruiswerk in Kuba, vertel Onward die storie. “Col.Theodore Roose­velt came to her desiring to buy some deli­ca­cies for the sick and wounded men under his command. His request was refused.” Roose­velt was ongelukkig oor haar houding. Hy het sy man­ne jammer gehad en hy was bereid om uit eie sak te betaal vir iets wat vir hulle lekker kan wees. “Hoe kan ek sulke goed in die hande kry?” vra hy. “Ek moet iets goeds om te eet vir my siek manne hê.” “Vra net daarvoor, Kolo­nel,” kry hy die antwoord. “O,” sê hy verras, “maar dan vra ek dit vir my manne.” Alles wat hy wou hê is dadelik aan hom voorsien. On­ward sluit die storie af met die opmerking: “You notice that he got them through grace, and not through purchase.”

Hiermee beklemtoon Onward die taal van Christus se evangelie. Wat ons nodig het vir ons geestelike lewe, gee God deur die Heilige Gees in ons en aan ons. Jesus het aan die kruis ten volle betaal vir ons behoeftes en ons hoef nie nou te betaal of dit te probeer verdien nie. Uit die Ou Testament klink die boodskap reeds: “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk” (Jes.55:1). In die Nuwe Testament klink Jesus se stem: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!. Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy bin­neste vloei (Jes.58:11). Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang” (Joh.7:37,38). Die wydheid van God se liefde en rykdom sluit ook ons daaglikse fisiese, finansiële en ander behoeftes in. Jesus le sal ontvang…” (Joh.16:23).

“Here, vandag vra ek.”

Posted by Manie on Aug 24th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Maandag 24 Augustus – Net Betyds

MAANDAG – ­NET BETYDS

Skrifdeel: Lukas 18: 18 – 27

“Maar hy antwoord: ‘Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.’ Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: ‘Een ding kom jy nog kort …’” (21,22)

Die bekende vorige president van Amerika, Abra­­ham Lincoln, het sy moeder op negejarige ou­­der­dom verloor. Sy het egter sy Bybelse op­voeding so stewig gelê dat dit sy lewens­koers ge­rig het. Eer­lik­heid was so ’n uitstaande ken­merk van Lincoln, dat hy die by­naam Honest Abe gekry het. Toe hy die politieke arena be­tree, het hy met vernederende op­po­sisie te ma­ke gekry. Hy is beskryf as onaantreklik, on­ge­let­terd, verwaand en onopgevoed. Onderweg na Wash­ing­ton gee iemand vir hom ’n vlaggie, met hierdie woorde daarop: “Wees sterk… moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (Josua 1:9). Lincoln het hom tot die woord van God gewend vir krag en leiding. Dit het sy karakter gevorm. Saam met sy eer­lik­heid het beleefdheid, need­rig­heid en insig ontwikkel. Tog het iets by hom ont­breek. Een van sy lyfwagte het dit so be­skryf: “The misery that dripped from Lincoln as he walked, was caused by his lack of personal religious faith.” Hy het aan God gedink as ‘n Al­mag­ti­ge, veraf Wese, wat die heelal en die ge­skie­denis van die mensdom beheer. God was nie vir hom `n lief­devolle Vader, wat sy geliefde Seun, vir hom, Abra­ham Lin­coln, geoffer het om hom, met vergifnis van al sy sondes, as sy kind aan te neem nie.

Lincoln wou die slawe bevry. Dit het tot die Ame­ri­kaanse Burgeroorlog gelei; vir Lincoln ‘n tyd van groot smart en geestelike foltering. Toe word sy seun siek. Dag en nag het hy by sy seun se bed gewaak. Die verpleegster wat hom moes oppas, was ‘n ywerige, belydende Chris­tin. In die donker waak­ure praat sy dikwels met Lincoln oor Christus en sy ver­los­singswerk.

Kort na die dood van sy seun het hy Get­tysburg be­soek. Die groot slag van die Burger­oorlog het dáár plaas­gevind. Duisende op dui­sende houtkruise het die grafte van die gesneu­wel­des aangedui. Daar het hy van aan­gesig tot aangesig met Jesus Christus gekom en ‘n ge­loofs­oorgawe aan Christus gemaak. Hy skryf vir ‘n vriend: “Toe ek Gettysburg toe gegaan het, was ek nie ‘n Christen nie, maar daar by Get­tys­burg het ek my hart vir Christus gegee.” In die argief van die New York Pres­bi­triaanse Kerk van Washington is ‘n brief, deur Lincoln onderteken, waarin hy getuig dat hy nou gereed is om sy ge­loof in Jesus Christus as sy Verlosser openlik te bely. Die brief is gedateer, Dinsdag, 13 April 1865. Slegs 24 uur later, Woensdagaand, 14 April, skiet die sluip­moor­de­naar, John Wilkes Booth, president Abra­ham Lincoln in die Ford Teater dood. Die belangrike man, het net betyds sy belangrikste besluit, reg geneem.

“Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ‘n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Maar onverganklik is die lief­de van die Here vir dié wat Hom dien” (Ps.103:15).

“Here, vandag dank ek U dat U my betyds wil red.”

Posted by Manie on Aug 23rd 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Saterdag 22 Augustus – Padkos

SATERDAG – PADKOS

Uit Padkos – die dagboek uit die Lewende Bybel.

Dit is Hy wat ons so liefgehad het dat Hy ons sondes met sy bloed afgewas het…(Op.1:5). Hy het ons sondes op Homself geneem toe Hy die skuld daar­voor op die kruis gedra het. Dit het Hy ge­doen so­dat ons ook kan sterwe wat die sonde betref maar kan lewe in die regte verhouding tot God (1 Pet.2:24). Maar nou is julle sondes afgewas en julle behoort aan God. Jesus Christus en die Heilige Gees het julle saak by God reggemaak (1 Kor.6:11). God het vir elkeen van julle be­son­de­re bekwaamhede gegee. Julle moet dit gebruik om mekaar te help, want dan werk julle reg met die verskillende soorte vermoëns wat God julle gegee het (1 Pet.4:10,11).

Posted by Manie on Aug 21st 2009 | Filed in Padkos | Comments Off

Vrydag 21 Augustus – Rotsvas

VRYDAG – ROTSVAS

Lees Lukas 6: 46 – 49

“Elkeen wat na My….luister…is soos `n man wat..by die bou van sy huis…die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe…die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie… (47,48).

In The Dawn skryf Samuel Rutherford: “Believe God’s love and power more than you believe your own feelings and experiences. Your Rock is Christ, and it is not the Rock which ebbs and flows, but your sea (your emotions).”

Die duiwel het baie soorte versoekinge om ons mee te pootjie. Een is: om ons op ons gevoelens te wys, sodat ons ons oë van Christus en sy be­loftes af moet wegneem en ons ons geloof ver­loor.

Tydens `n diensreeks het `n man een aand na `n kragtige preek tot bekering gekom en vol vreug­de huis toe gegaan, vertel A. E. Janzen. Die volgende aand was hy terug by die predi­ker. “Gisteraand was ek vol vreugde en nou is alles weg. Dis vir my pikdonker.” “Ek is so bly,” ant­woord die prediker tot sy skok. “Wat bedoel u?” vra hy. “Gisteraand het God vir jou vreug­de gegee. Hy sien toe hoe jy op jou emo­sie staat­maak. Hy het die vreugde nou wegge­neem, dat jy `n gelowige hart na Jesus toe kan draai. Het jy ooit deur `n tonnel gery?” “Ja, dikwels.” “Het jy geskrik toe alles donker word?” “Nee, natuurlik nie. Ek het mos geweet ek sal weer in die lig uitry.” “Het dit toe weer lig geword?” “Ek is nou terug in die lig,” roep hy uit. “Alles is reg. Gevoelens of nie gevoelens nie!”

Ons reddingsekerheid rus op God se belof­tes oor ons Verlosser Jesus Christus se kruis­dood. Het u in Hom as Verlosser vertrou? Rus dan op die rots van God se woord, gevoe­lens of nie gevoelens nie!

“Here, vandag glo ek U dat U my gered het.”

Posted by Manie on Aug 20th 2009 | Filed in Algemeen | Comments Off

Next »